Air Namibia in die knyp
Air Namibia in die knyp

Air Namibia in die knyp

Gerine Hoff
Catherine Sasman – ’n Interne omsendbrief maan alle personeel van Air Namibia om ’n oog te hou op goedgekeurde uitgawes en dit tot die noodsaaklikste te beperk, of om in die lig van die lugredery se huidige kontantvloeiprobleem, goedkoper alternatiewe te soek.
In die omsendbrief word verder gevra dat uitgawes in die volgende paar maande noukeurig dopgehou moet word om die lugredery se kontantvloei te normaliseer.
Volgens die omsendbrief wat Maandag uitgereik is, het " tegniese kwessies" die afgelope naweek meegebring dat salarisse nie betaal is nie. Die versekering is gegee dat salarisse teen Dinsdag betaal sou word.
Die terugbetaling van bemanningslede en bestuurders is egter teruggehou totdat die maatskappy genoeg kontant in sy bankrekening sou hê, wat na verwagting binne ’n paar dae sou wees.
Volgens die omsendbrief het die lugredery teen Maandag N$9 miljoen in sy bankrekening gehad, terwyl die totale netto salarisse N$14 miljoen was, waarvan N$1,7 miljoen vir die bestuur se salarisse en N$12,3 miljoen vir ander personeel bestem is.
’n Verdere verduideliking wat gegee is vir die kontantvloeikrisis, was dat Total Suid-Afrika geëis het dat die N$2,4 miljoen wat Air Namibia die brandstofmaatskappy skuld, Maandag betaal word, andersins sou brandstofvoorsiening aan die lugredery gestaak word.
Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paulus Nakawa, het gister erken die inligting in die omsendbrief is korrek, maar dat “konteks ontbreek”.
“’n Buitengewoon groot betaling is aan ’n diensverskaffer gemaak net voor die salarisse betaal moes wees, wat ’n probleem met die beskikbare kontantvloei veroorsaak het,” het Nakawa gesê, vermoedelik verwysend na die bedrag wat aan Total Suid-Afrika betaal is.
Hy het bygevoeg: “Air Namibia is trots dat ons nie oortrokke fasiliteite het nie – iets wat ons graag wil handhaaf. Dus, soos enige ander maatskappy, moet ons noukeurig kyk na die tydsberekening van ons kontant in- en uitvloei.”
Hy het gesê Air Namibia het tot op hede binne sy goedgekeurde begroting gewerk en wil graag só voortgaan.
“Air Namibia se werknemers is waardevol en die bestuur het dus verseker dat almal wat daardeur geraak is, reeds Maandag hul salarisse ontvang het,” het Nakawa gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!