Air Namibia liasseer sy likwidasie-aansoek
Air Namibia se likwidasieproses het amptelik begin.
Ogone Tlhage – Die regering het Maandag stil-stil die likwidasie-aansoek van die nasionale redery by die Owerheid vir Besigheids- en Intellektuele Eiendom (Bipa) ingedien. Dit is gedoen ondanks groot openbare teenkanting teen Air Namibia se ondergang.
Mnr. Cleophas Kaura van die ministerie van staatsondernemings (SOE’s) en Air Namibia se senior regsbeampte, mnr. Jerhome Tjizo, het die aansoek vir vrywillige likwidasie Maandag geliasseer, terwyl SOE-minister Leon Jooste en finansminister Ipumbu Shiimi later die dag op nasionale televisie opnuut beklemtoon het dit het onmoontlik geword om langer reddingspakkette vir die redery se oorlewing te ontplooi. Jooste het nie reageer op navrae oor die vordering met die likwidasie-aansoek nie, hoewel hy vroeër die uitvoerende hoof van Air Namiba, mnr. Theo Mberirua, opdrag gegee het om die wiele daarvoor aan die rol te sit.
BATES
Volgens die stukke beloop Air Namibia se bates N$995 miljoen.
Daar is tans N$15,8 miljoen in die bankrekeninge plaaslik en internasionaal. Sy twee Airbus A319- en die vier Embraer ERJ-vlietuie se waarde beloop N$644 miljoen, terwyl die maatskappye se voertuie, toerusting en rekenaartoerusting N$19 miljoen werd is.
Die hoofkantoor in Windhoek is vir N$22,7 miljoen gewaardeer en Air Namibia het ook N$84 miljoen by die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) op belegging.
LASTE
Die bankrot redery se skuldlas beloop N$5,38 miljard.
Hy skuld die Ontvanger van Inkomste N$789 miljoen, vir die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) N$708 miljoen en vir die vliegtuigenjin-vervaardiger Aerospace Rolls Royce N$149 miljoen.
Air Namibia skuld die Duitse regsfirma Herfurth N$145 miljoen; aan Lufthansa Technik N$90 miljoen vir vliegtuigherstelwerk; die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) N$76 miljoen en vir die lugverkeerbeheer-diensverskaffer Asecna N$73 miljoen.
Engen Namibia staan ook in die ry en sy eis vir brandstofskuld beloop N$22,9 miljoen.
Verder sal Air Namibia ook N$105 miljoen aan sy 629 werknemers uitbetaal.
Pres. Hage Geingob het vroeër na sy staatsrede in Junie verlede jaar verwys toe hy gesê het Air Namibia moet gelikwideer word.
“In my staatsrede het ek vir die eerste keer self na likwidasie verwys, en as die president ‘n ding sê, kom die tegniese mense in om daaraan te werk,” het hy gesê.
“Ons beleef ‘n finansiële krisis en ons moet kyk waar ons kan sny,” het die president gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie