Alberts ‘het nog diesel in my tenk’
Superrugby
Christo Buchner - Daar is nog myle oor in hierdie ou dieselenjin van my.
Só sê die 35-jarige losvoorspeler Willem Alberts, wat hom nou in die skemer van sy rugbyloopbaan weer terug by die Leeus bevind.
Dit is waar dinge vir hom as o.20-speler begin het toe die afrigter en eertydse Springbok Ian McDonald besluit het hy is ’n talent waarin belê kan word.
“Ian en Timmie Goodwin (destyds die afrigters van die Leeus se o.20-span) het meer in my geglo as wat ek in myself geglo het,” sê Alberts, wat sedert sy Leeus-dae ook draaie by die Haaie in Durban en Stade Francais in Parys gemaak het.
Alberts is ná die 2015 Wêreldbeker-toernooi weg uit Suid-Afrika om sy rugbyheil te gaan soek waar die geldwortel groter was en ook om meer lewenservaring op te doen.
“Dinge het ook begin verander daar by die Haaie en van ons spelers het die gevoel gekry ons raak oorbodig.
“Ek het by Gerhard Mostert, ’n vriend van my wat by Stade Francais gespeel het, gaan kuier en sy lewe daar het baie lekker gelyk en geklink.
“My ou skoolpêl Heinke van der Merwe en ook Morné Steyn was daar en met ’n groot Suid-Afrikaanse groep by die klub het sake vir my rooskleurig gelyk.
“Tog was dit vir my en my gesin ’n kultuurskok met die weer daar en ook die taal wat so moeilik was. Dit was maar ’n rowwe begin om gewoond te raak aan alles.
“Ek het emosioneel uitgeput daar aangekom en dit was aan die begin ’n gesukkel. Die laaste twee jaar het ek egter my rugby baie daar geniet. In André Volsteedt en Stef du Toit het ons twee baie goeie kondisioneringsafrigters gehad.
“Daar is egter ook maar baie politiek in Franse rugby en dit het ’n koppestamp en wrywing afgegee tussen van die Franse spelers en die Suid-Afrikaanse afrigters (Heyneke Meyer was die hoofafrigter) by Stade Francais,” sê Alberts.
Alberts erken dit was nou vir hom nogal intimiderend om terug te kom na Suid-Afrikaanse rugby.
“Toe ek hier weg is, is daar gesê ek gaan nou daar in Europa aftree. Nou is ek terug. Dit was seker maar in ’n mate ook intimiderend vir die Leeus om met my te onderhandel om hier te speel. Ek het eers net kondisionering by hulle kom doen, maar nou is dit ’n kontrak om hier te speel.
“Hoe meer jy besef die einde van jou rugbyloopbaan is in sig, hoe lekkerder is dit vir my om te speel en waardeer jy elke oomblik wat jy op die veld is, want jy weet die uurglas loop uit vir jou.
“Party dae rol jy omtrent uit die bed uit en besef jy rugby het sy tol geëis.
“Tog voel ek nog goed en is ek positief dat daar nog diesel in hierdie enjin is. Om nou weer hier by die Leeus te wees, laat my wens ek was nog so tien jaar jonger en kon baie meer vir hulle bied.”
Alberts kan dalk Saterdag sy hertoetrede vir die Leeus maak saam met nog twee oud-Monnas in die heelagter Andries Coetzee en die agtsteman Len Massyn.
Sou Alberts op agtsteman gekies word, kan dit gebeur dat Massyn na die kant van die skrum geskuif word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie