Alexander Forbes se wins val skerp
Die firma se grootste inkomste en wins kom van die konsultasie wat aan maatskappye se aftreefondse en mediese skemas gelewer word en van die administrasie van pensioenfondse.
Deur Nellie Brand-Jonker
Die finansiëledienstefirma Alexander Forbes se wins het skerp gedaal, hoofsaaklik omdat hy sukkel om wins uit lewensversekering te maak.
Die groep se wins vir die jaar tot einde Maart uit voortgesette bedrywighede het wesenlik met 51% van R620 miljoen in die vorige jaar tot R306 miljoen gedaal.
Die daling in die wins hou grootliks verband met kapitaalitems waarvan die grootste die afskrywing van R317 miljoen van die klandisiewaarde van Alexander Forbes Life is weens die lewensversekeraar se wins wat onder druk bly.
Andrew Darfoor, die uitvoerende hoof van die groep, het gesê in die jaar is vordering met die maatskappy se omkeerstrategie gemaak. “Ons besef egter die omkeer is nog nie voltooi nie en dit gaan nog sowat twee jaar neem,” het hy gesê.
Bedrywighede
Alexander Forbes se grootste inkomste en wins kom van die konsultasie wat aan maatskappye se aftreefondse en mediese skemas gelewer word en van die administrasie van pensioenfondse.
Dié institusionele segment se inkomste het met 8% tot R1,88 miljard gestyg. Die bedryfswins is 23% hoër tot R616 miljoen.
Die resultaat word onder meer toegeskryf aan die jaarlikse verhoging in die kommissie wat mediese makelaars mag vra en nuwe sake wat gewen is.
Volgens Darfoor het die segment in ooreenstemming met die strategie om Alexander Forbes se sambreelfondssake te groei en die winsgewendheid van die groep te verbeter, 18 alleenstaande kliënte vir sy sambreelfondse gekry.
Sy ander groot bedryfsegment is die kleinhandelsegment wat ’n inkomste verdien deur finansiële advies en die administrasie en bestuur van gewone beleggers se geld. Korttermynversekering word ook hier ingesluit.
Voor kapitaalitems het die afdeling se bedryfsinkomste 4% tot R1,36 miljard gestyg en sy bedryfswins het onveranderd op R507 miljoen gebly. Die winsgroei is beperk omdat uitgawes skerper gestyg het weens ’n doelbewuste strategie om in die onderneming te belê.
Opkomende markte
Die styging in inkomste en bedryfswins van dié twee segmente is effens deur ’n swakker vertoning in ander lande in Afrika teengewerk.
Volgens Darfoor gaan Alexander Forbes sy omkeerplan in die lande versnel en sy bedrywighede gaan in van die lande hersien word.
In geheel het die groep se bedryfswins voor kapitaalitems 5% van R937 miljoen tot R986 miljoen gestyg.
Volgens hom toon die styging in die bedryfswins die groter doeltreffendheid wat in die bedrywighede behaal is en uitgawes wat tesame met beter inkomstegroei in toom gehou is.
Omkeer
Die bedryfsinkomste voor direkte uitgawes soos die koste van ’n aandeleskema het 5% tot R3,6 miljard gestyg.
Uitgesluit die eenmalige koste sou die bedryfsuitgawes 3% gestyg het.
Volgens hom is die teiken met kostedoeltreffendheid twee jaar vroeër as die plan bereik.
Darfoor het die afgelope boekjaar as ’n “definiërende jaar” vir die maatskappy beskryf omdat ’n nuwe strategiese roete aangekondig is. Dit behels ’n vyfjaarplan wat teen 2022 bereik moet word.
Die direksie het ’n finale dividend van 24c per aandeel goedgekeur wat 1c meer as die vorige jaar s’n is.
Sy aandeelprys het met meer as 3% tot R5,88 gedaal. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie