Allerlei siektes gevrees ná swaar reën in Indië
Amptenare in die Indiese staat Kerala vrees klaarblyklik ’n moontlike uitbreking van siektes in die tydelike kampe waarheen vloedslagoffers tans skuiling vind.
Die vloedreën in Kerala het Sondag uiteindelik die wyk begin neem met net twee streke waar swaar reën sou val. Meer as 725 000 mense word tans in tydelike kampe gehuisves nadat die staat sedert 8 Augustus onder hewige vloede gebuk gegaan het. Meer as 200 mense het reeds in die vloede en gepaardgaande modderstortings omgekom. Die Indiese weermag het met bote en helikopters tot die redding van mense in afgeleë gemeenskappe gekom. Sommige inwoners het dae lank op hul wonings se boonste verdiepings of dakke om hulp gewag. Reddingspogings is veral gefokus op Chengannur, ’n dorp op die oewers van die Pambarivier, waar sowat 5 000 mense vermoedelik vasgekeer word deur vloedwaters. Kerala, wat gewoonlik ’n hoë reënval het, het tussen 8 en 15 Augustus 250 mm meer reën as normaalweg ontvang. Vrywilligers help in ’n stadion in Kochi, Kerala, om noodleningswerk aan vloedslagoffers te bring. Foto Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie