• Tuisblad
  • Sake
  • Alles ‘weer normaal’ by Capitec Alles ‘weer normaal’ by Capitec
Alles u2018weer normaalu2019 by Capitec Alles u2018weer normaalu2019 by Capitec
Alles u2018weer normaalu2019 by Capitec Alles u2018weer normaalu2019 by Capitec

Alles ‘weer normaal’ by Capitec Alles ‘weer normaal’ by Capitec

Sake is “terug na normaal” by Capitec Bank, sê Gerrie Fourie, uitvoerende hoof.

Viceroy Research, wat verslae oor Steinhoff International gepubliseer het, het Capitec ook onlangs in sy visier gehad.

Ten spyte van aanvanklike onsekerheid en onttrekkings deur kliënte, het Capitec tussen 6 000 en 8 000 kliënte per dag in Februarie bygekry.

Die bank verwag om sowat 9,8 miljoen kliënte teen einde Februarie, wat ook die einde van sy boekjaar is, te hê.

Dit is teenoor die 8,6 miljoen kliënte ’n jaar tevore.

Hoewel die bank se aandeelprys weer begin herstel het nadat Viceroy die bank op 30 Januarie daarvan beskuldig dat hy leningsverliese verberg en slegte skuld onderskat, is die aandeelprys op R823,90 steeds 10% laer as voor die verslag gepubliseer is.

Fourie sê sy ongeloof het in woede verander nadat hy die verslag gelees het.

Die bank – wat ongesekureerde lenings aan hoofsaaklik lae- en middelinkomste-huishoudings bied, was een van die beste bankaandele in ontluikende markte sedert hy in 2002 genoteer het.

Fourie het op 13 Februarie gesê Viceroy teiken veral maatskappye wat goed presteer.

"Ons aandele het geweldig baie gestyg – dit is wat ’n kortverkoper voor op die uitkyk is. Dit is die ideale maatskappy om kort te verhandel,” het hy tóé gesê.

Ons aandele het geweldig baie gestyg – dit is wat ’n kortverkoper voor op die uitkyk is.

Gerrie Fourie

Viceroy gee egter nie op nie en het op 14 Februarie nóg ’n verslag oor die bank gepubliseer.

“Capitec se uitleenpraktyke is baie onverantwoordelik,” sê Fraser Perring, stigter van Viceroy, in ’n antwoord oor Capitec wat per e-pos gestuur is.

“Daar is bewyse aan ons gestuur wat wys mense het onderneem om 70% van hul netto maandelikse inkomste te betaal om skuld af te betaal.”

Fourie sê Capitec fokus nou op sy bedrywighede en beplan nie om regstappe teen Viceroy te doen nie.

Hy sê daar is nie ’n finale besluit geneem oor of Capitec ’n onafhanklike ondersoek deur ’n konsultant of ’n ouditeur in die bank se uitleenpraktyke sal steun of nie.

Capitec is besig om voor te berei vir ’n ondersoek deur die Raad op Finansiëledienste oor moontlike markmisbruik en oortredings van die Wet op Finansiële Markte deur Viceroy, sê Fourie.

Viceroy word deur ontleders soos Arqaam Capital, JPMorgan Chase & Co. en Avior Capital Markets gekritiseer dat hy Capitec met African Bank Investments (ABI) vergelyk, wat in Augustus 2014 gevou het.

Slegte skuld wat die hoogte in geskiet het terwyl ABI nie voorsiening daarvoor gemaak het nie, was die rede vir die bank se ondergang.

Viceroy is nie die eerste maatskappy om Capitec oor sy uitleenpraktyke te kritiseer nie.

Die bank word deur Summit Financial Partners gedagvaar wat beweer die bank het die land se kredietwette oortree.

Die saak word in Maart gehoor.

Capitec staan die bewerings teen.

Bewerings

In sy nuutste nota oor Capitec beweer Viceroy die bank buit kliënte se lopende rekeninge uit deur eerste terugbetalings vir lenings wat aan hom verskuldig is af te trek voor enige ander skuld afgetrek word.

Luidens reëls op die webtuiste van die Betalingsvereniging van Suid-Afrika word debietorders op ’n willekeurige basis sonder enige voorkeur afgetrek om te verseker “daar is ’n gelyke en billike geleentheid om betalings wat uit die rekening verskuldig is, te ontvang.”

Viceroy beweer ook Capitac gee nuwe lenings aan kliënte die dag nadat hul agterstallige betalings op ander lenings vereffen is.

Die verslag was weer “vol feitelike foute, misleidende halfwaarhede en sensasionele stellings,” sê Capitec in ’n verklaring.

Die maatskappy kon nie onmiddellik kommentaar lewer oor die bewering dat kliënte nuwe lenings kon aangaan die oomblik as hul agterstallige skuld betaal is nie.

Capitec sê net hy maak voorsiening vir alle kliënte. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!