Alweendo: Moeilike ekonomiese tye
Antwoorde oor die stand van die ekonomie is in die Nasionale Vergadering deur minister Tom Alweendo beantwoord.
Estelle de Bruyn - Die minister in die presidensie verantwoordelik vir Nasionale Beplanning en direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, mnr. Tom Alweendo, het Donderdag in die Nasionale Vergadering toegegee dat die land moeilike ekonomiese tye beleef.
Tog wys hy daarop dat die ekonomiese uitdagings wat die land in die gesig staar, nie daarop neerkom dat 'n ekonomiese versmelting ondervind word nie.
Hy wys daarop dat die globale ekonomie verlede jaar deur ekonomiese onsekerheid gekenmerk is. Die globale ekonomiese herstel is verstadig deur 'n stagnante globale aanvraag, verswakte verbruikersvertroue, lae kommoditeitspryse en verhoogde beleidsonsekerheid. Hierdie globale ekonomiese risiko het druk op die groei vooruitsigte van baie kommoditeituitvoerlande geplaas en Namibië was geen uitsondering nie.
“As 'n klein en oop ekonomie, word die prestasie van ons ekonomie beïnvloed deur 'n verskeidenheid faktore, soos tendense in die globale ekonomie en internasionale markte. Die verslegting van die gesondheid van die globale ekonomie het 'n betekenisvolle invloed op die plaaslike ekonomie gehad,” het Alweendo gesê.
Hy sê dit is veral die Chinese ekonomie se skuif van groot kommoditeitsverbruiker na plaaslike verbruikersgeleide groei wat tot 'n afname in die aanvraag na kommoditeite en laer kommoditeitspryse gelei het.
As uitvoerder van kommoditeite het hierdie verstadiging Namibië se mynbedryf geraak.
Die skerp afname in die ekonomieë van belangrike handelsvennote in die streek het ook 'n negatiewe impak op die prestasie van die plaaslike ekonomie gehad.
Die verstadiging in die Suid-Afrikaanse ekonomie het ook 'n negatiewe invloed op die inkomstepoel van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) gehad wat tot 'n afname in inkomste van die Namibiese regering gelei het.
Alweendo het die versekering gegee dat die regering voorsorg getref het. Sowel die 2017-'18-begroting as die 2016-'17- middeltermyn begrotingshersiening het volgens hom bewys dat die regering daartoe verbind is om die ekonomiese stormwinde op 'n doeltreffende wyse die hoof te bied.
Hy sê die begrotingsbesteding is nou in pas met verwagte inkomste en dit is gedoen sonder om toekomstige ekonomiese groei in die gevaar te stel.
Dit het volgens Alweendo reeds vrugte afgewerp, met die Fitch-graderingsagentskap wat Namibië se buitelandse en plaaslike kredietgradering op BBB- gehou het.
Hy het ook op die vyfde nasionale ontwikkelingsplan gewys wat daarop gemik is om inklusiewe, volhoubare groei met sterk klem op die transformasie van die ekonomie van 'n inset-gegronde ekonomie na 'n kennis-gegronde ekonomie, te laat ontwikkel.
Dit moet geskied deur waardetoevoeging, die uitbreiding en modernisering van die fisieke infrastruktuur, die versterking van uitvoerkapasiteit en ondersteunende finansiële infrastruktuur vir groter inklusiwiteit.
Hy wys daarop dat op die pad vorentoe aandag gegee moet word aan hoe die land se beperkte bronne bestee word. Dit sal beteken dat prioriteite vir beleggings in gebiede waar dit die maksimum impak op sosioëkonomiese ontwikkeling kan hê, bepaal sal moet word.
“Die ekonomie staar steeds uitdagende tye in die gesig, maar ons makro-ekonomiese grondslag is relatief gesond. Ons sal voortgaan om alles moontlik te doen om die heersende ekonomiese uitdagings die hoof te bied.
“Terwyl ons dit doen, moet ons onsself herinner dat ons huidige situasie nie ons finale bestemming is of sal wees nie,” het Alweendo gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie