Amerika kry ‘kompetisie’ in Persiese Golf
Daar is geen groter bewys dat die VSA se magsposisie in die Persiese Golf in die gedrang is as koning Salman van Saoedi-Arabië se besoek die afgelope week aan Wladimir Poetin, president van Rusland, nie.
Julian Lee
Die betrekkinge tussen die twee grootste olie-uitvoerlande ter wêreld , Saoedi-Arabië en Rusland, is baie nouer sedert koning Salman in Januarie 2015 die troon bestyg het en sedert hy sy seun Mohammed bin Salman (MBS, soos hy kortliks bekend staan) in Junie vanjaar as kroonprins aangewys het.
MBS het sy neef, Muhammad bin Nayef, vervang, wat van April 2015 tot vanjaar die troonopvolger was.
Die ooreenkoms tussen die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) en nog 11 lande om olieproduksie te beperk ten einde die wêreldwye ooraanbod te verminder en pryse te stabiliseer, is slegs bereik danksy die samewerking tussen Saoedi-Arabië en Rusland.
Die ooreenkoms, waarop in November 2016 ooreengekom het, geld van 1 Januarie 2017 tot Maart 2018. Pres. Wladimir Poetin van Rusland het aangedui dat hy bereid sou wees om samewerking tot ná Maart 2018 uit te brei.
Selfs al moes Opul-lande baie dieper sny aan hul produksie as die nie-Opul-vennote, sou die ooreenkoms nie naastenby so doeltreffend gewees het sonder die 11 lande nie.
Khalid al-Falih, die koninkryk se minister van olie, sê die samewerking tussen Saoedi-Arabië en Rusland het “weer lewe in Opul geblaas”.
Daar is nie regtig ’n kans dat Rusland by Opul sal aansluit, of eens dat die land welkom sal wees nie. Poetin het die moontlikheid Woensdag uitgeskakel.
Rusland se hulp met die olieprys is nietemin nou die rede vir Salman se besoek, wat met ander ooreenkomste gepaardgaan. Dit was vyf jaar gelede ondenkbaar – nou weerspieël dit Rusland se al hoe belangriker rol in die Golf, veral sy oorheersende rol in Sirië.
Saoedi-Arabië gaan US$3 miljard aan Rusland se S400-lugafweerstelsel bestee.
Die nouer betrekkinge tussen Poetin en Salman kom ondanks Moskou se betrekkinge met Iran, wat nie gaan verswak nie. Hoewel Rusland nie self aan Iran grens nie, deel Iran en republieke van die voormalige Sowjetunie (wat in 1991 ontbind is) ’n grens van 1 920 km lank, ’n grens wat van die 16de eeu dateer.
Saoedi-Arabië hoop dalk dat Rusland Iran in bedwang kan hou. Iran en Saoedi-Arabië stamp onder meer koppe oor elkeen se interpretasie van Islam en wil albei as die belangrikste moondheid in die Golf beskou word.
Rusland kan potensieel ’n vredemaker tussen die twee lande wees omdat hy regstreeks met álbei praat – iets wat die VSA nie sedert die 1970’s kon regkry nie.
Daar word bespiegel dat ’n Russiese staatsonderneming die grootste belegger gaan word wanneer Saudi Aramco, een van Saoedi-Arabië se staatsbeheerde olie-en-gasmaatskappye, eersdaags noteer. Albei lande ontken dit, maar toegang tot goedkoop Midde-Oosterse ruolie kan aanloklik wees vir Rosneft, ’n staatsbeheerde Russiese oliemaatskappy.
Rosneft se toekomstige projekte is alles gefokus op die ontginning van Arktiese olie, wat nie winsgewend ontgin kan word as oliepryse naby US$50 per vat vassteek nie.
•Dié artikel is ’n rubriek deur Julian Lee, oliestrateeg vir Bloomberg First Word. Netwerk24 het die rubriek effens verkort en besonderhede uit Wikipedia bygewerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie