Amerika se uitbreking van masels hoogste in byna 3 dekades
NBC News berig gesondheidsamptenare vrees die VSA kan sy maselsvryestatus verloor.
Die aantal gevalle van masels wat aangemeld word, is nou die hoogste in 27 jaar in Amerika.
NBC News berig gesondheidsamptenare vrees die land kan sy maselsvryestatus verloor.
Die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) het Donderdag ’n verklaring uitgereik wat sê die 971 gevalle wat in die eerste vyf maande van 2019 aangemeld is, oorskry die totale hoeveel vir die afgelope 25 jaar – selfs 1992 toe 963 gevalle in die hele jaar aangemeld is.
NBC News berig twee dele van die deelstaat New York, Rockland County en New York City, het onderskeidelik die meeste gevalle aangemeld.
Amerika het in 2000 verklaar hulle is ontslae van die siekte, maar kan dié status verloor indien die siekte vir die res van vanjaar so gereeld aangemeld word.
Dr. William Schaffner, ’n kenner, het aan die nuusdiens gesê indien elke oningeënte kind in Amerika op een dag (Vrydag) ingeënt sou word, sal die nasionale uitbreking teen 15 Junie verby wees.
The New York Times berig nog ’n kenner, dr. Robert Redfield sê masels is voorkombaar en die manier om te verseker die uitbreking word beëindig is om alle kinders en volwassenes wat ingeënt kan word te immuniseer. Hy het ouers weer eens gerusgestel dat die entstof veilig is en nié outisme veroorsaak nie.
Trouens, kinders wat die MMR-entstof ontvang het, was 7% minder geneig om outisme te hê, volgens ’n verslag in Annals of Internal Medicine.
Dit is egter makliker gesê as gedaan omdat daar steeds ouers is wat glo die inenting veroorsaak outisme.
VEROORSAAK NIé OUTISME
Reuters het vroeër berig die masels, pampoentjies en rubella-inenting (MMR) veroorsaak nié outisme nie, selfs nie vir kinders wat ’n hoë risiko daarvoor het nie.
’n Studie wat in 1998 ’n direkte verband bevind het, is onttrek en verskeie ander studies het die bevinding sedertdien verkeerd bewys. Daar is egter steeds ouers in veral Amerika en Europa wat dit nie wil aanvaar nie.
Reuters berig een van die studies wat die 1998-studie verkeerd bewys, het altesaam 657 467 kinders gevolg en outisme is by net 6 517 gediagnoseer. Trouens, kinders wat die MMR-entstof ontvang het, was 7% minder geneig om outisme te hê, volgens ’n verslag in Annals of Internal Medicine.
Die siekte is ’n hoogs aansteeklike virus wat ernstige respiratoriese simptome, koors en ’n uitslag kan veroorsaak, sowel as permanente doofheid of ernstige gevalle van inflammasie in die brein, volgens die CDC.
Netwerk24 het voorheen berig Duitsland wil dalk inentings vir masels met wetgewing verpligtend maak en ouers wat nie daaraan gehoor gee nie met €2 500 beboet.
Vorige berigte raam die hoeveelheid kinders jonger as tien jaar oud wat nie ingeënt is nie op 170 miljoen wêreldwyd. In die eerste kwartaal vanjaar het gevalle van masels met 300% toegeneem.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie