Amerika versterk gesondheidsdienste in Namibië
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste kon danksy die ondersteuning van die Amerikaanse ambassade 67 dataklerke vir September aanstel. Dit sal die ministerie se kapasiteit versterk om koerse en patrone van siektes in die land te ontleed en sodoende ’n beter begrip te vorm en reaksieplanne in plek te stel om aan die gesondheidsbehoeftes van inwoners te voldoen. Die 67 nuwe klerke sal MIV-pasiënte se lêers op elektroniese stelsels opgradeer en sodoende dokters en verpleegsters toegang tot hul jongste inligting gee. Daarmee saam sal sommige van die klerke Covid-19-verwante inligting van dié pasiënte op ’n nuwe elektroniese datastelsel invoer. Laasgenoemde sal die vloei van inligting vir monitering op nasionale vlak verhoog, wat sal help om die tipe epidemie beter te verstaan en ook beplanning en die toekenning van hulpbronne verbeter.
Die Amerikaanse sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming (CDC) het met die finansiering van die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) die proses gelei, terwyl Potentia Namibia Recruitment die tegniese kennis vir die werwing van die klerke verskaf het.
CDC Namibia ondersteun jaarliks met die finansiering van Pepfar meer as 450 poste in die ministerie. Dit sluit dokters, verpleegsters, aptekers en dataklerke in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie