Amerika wil vra dat Huawei se baas uitgelewer word
Amerika wil vra dat Huawei se baas uitgelewer word

Amerika wil vra dat Huawei se baas uitgelewer word

Die Amerikaanse regering het sy Kanadese eweknie ingelig hy gaan vra dat Meng Wanzhou, finansiële hoof van Huawei Technologies, uitgelewer word.

Meng word daarvan beskuldig dat sy sanksies wat teen Iran opgelê is, oortree het.

Die Globe and Mail berig David MacNaughton, die Kanadese ambassadeur na Amerika, het in 'n onderhoud gesê dit is nie duidelik wanneer die versoek amptelik ingedien gaan word nie.

Die spertyd daarvoor is 30 Januarie.

Huawei wou nie kommentaar lewer nie, terwyl die Amerikaanse departement van justisie nie gereageer het op 'n versoek om kommentaar te lewer nie.

Meng is op 1 Desember op versoek van Amerika in hegtenis geneem toe sy vlugte gewissel het.

Sy was op pad van Hongkong na Mexiko van waar sy weer verder na Costa Rica, Argentinië, Frankryk en weer terug na China ­sou reis.

Sy is sedertdien op borgtog van C$10 miljoen vrygelaat.

Sy moet nou in haar huis in Vancouver bly tot 'n besluit geneem word oor of sy aan Amerika uitgelewer gaan word. Amerika beskuldig haar van bedrog.

– Netwerk24/Saamgestel uit Bloomberg en Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!