Amerikaanse evangelis in Turkye vrygelaat
Reuters – Die Amerikaanse evangelis past. Andrew Brunson is Vrydag in Turkye vrygelaat.
’n Turkse hof het beslis dat hy vrygelaat moet word.
Die hof het Brunson tot drie jaar en ’n maand en ’n half tronkstraf gevonnis op ’n klag van terrorisme, maar beslis dat hy nie verder in die tronk hoef te wees nie.
Brunson woon reeds 20 jaar in Turkye, maar is twee jaar gelede in hegtenis geneem en was sedertdien onder huisarres.
Pres. Donald Trump van die VSA het sanksies teen Turkye ingestel in ’n poging om Brunson se vrylating op te dwing.
Trump het op Twitter gesê: “Past. Brunson is pas vrygelaat. Hy sal binnekort tuis wees!”
Brunson is daarvan beskuldig dat hy bande met Koerdiese militante en volgelinge van Fethullah Gulen het.
Gulen word blameer vir ’n mislukte staatsgreep in 2016.
Met Brunson se vrylating kan daar moontlik nou gefokus word op die lot van ’n Turks-Amerikaanse burger en voormalige Nasa-wetenskaplike en drie werknemers van die Amerikaanse konsulaat wat in Turkye in aanhouding is op ’n klag van terrorisme.
Washington eis dat al die mense vrygelaat word, maar Turkye eis dat Gulen dan aan Turkye uitgelewer word. Gulen is sedert 1999 in ballingskap in die VSA en ontken dat hy enige aandeel in die poging tot ’n staatsgreep gehad het.
Brunson se vrylating kan moontlik tot beter verhoudinge tussen die twee lande lei en ook Trump se steun onder evangeliese Christene verstewig.
Die diplomatieke botsing tussen Turkye en die VSA het daartoe gelei dat Turkye se ekonomiese krisis vererger het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie