Amerikaanse hou00eb beampte ondersteun Namibiu00eb
Amerikaanse hou00eb beampte ondersteun Namibiu00eb

Amerikaanse hoë beampte ondersteun Namibië

Ashe: Beveg wildstropery
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Amerika en Namibië moet hul vennootskap versterk en veral nóú saamwerk om wild­stropery in Namibië te beveg.

Dít was die boodskap van die Amerikaanse direkteur van vissery- en wildlewedienste, mnr. Dan Ashe, tydens ’n mediakonferensie gister saam met sy Namibiese eweknie, mnr. Pohamba Shifeta. Ashe het sedert Donderdag besoek in Namibië afgelê om diplomatieke bande op omgewingsvlak te versterk.

“Amerika en Namibië het meer in gemeen op omgewingsvlak as dít waaroor ons verskil. Ons moet nouer saamwerk om die stroperykrisis saam takel,” het Ashe gesê.

“Amerika is deel van die probleem van onwettige handel in wild en ons moet deel word van die oplossing. Ek het uitstekende geleenthede gehad om natuurbewaringswerk in Namibië te sien en Amerika kan baie by Namibiërs leer hoe om saam met wilde diere te lewe.”

Ashe het die Etosha Nasionale Park asook kommunale bewaringsgebiede en ’n professionele jagter in die noordweste van die land besoek. Hy het ook met lede van verskeie omgewing- en natuurbewaringsorganisasies soos die Red die Renosterfonds (SRT) byeengekom.

Die direkteur meen daar moet groter samewerking wees om die verdere ontwikkeling van kommunale bewaringsgebiede te bevorder: “Amerika kan ’n ekonomiese bydrae lewer om die stroperykrisis te takel en Amerikaanse toeriste en jagters aanmoedig om Namibië te besoek.”

Ashe se besoek volg ná afloop van 17de Vergadering (COP17) van die Konvensie op Internasio­nale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) in Johannesburg, Suid-Afrika wat vanaf 24 September tot 5 Oktober plaasgevind het en deur Amerikaanse en Namibiese afgevaardigdes bygewoon is.

By COP17 is Namibië se voorstel verwerp om ’n besluitnemingsmeganisme oor ivoorhandel in werking te stel.

“Namibië het nie werklik bloedneus op COP17 gekry nie, maar die wêreld is op die ooomblik nie gereed om ivoorhandel te heropen nie. Amerika is nie gekant daarteen nie, maar nou is nie die regte tyd nie,” het Ashe gesê.

“Ons moet eers verby die krisis van stropery van renosters, olifante en leeus kom.”

Shifeta het Ashe bedank vir Amerika wat Namibië by COP17 ondersteun het. “Namibië respekteer die besluite - enige besluite - wat by Cites geneem is. Ek verstaan die verskillende menings van die afgevaardigdes van die lande en bedank Amerika vir sy ondersteuning.”

Die minister sê harde werk begin nou met beter en sterker alliansies wat op wêreldvlak gesmee moet word.

“Ons moet op elke vlak in die regering en saam met burgerlike organisasies werk om te verseker dat ons stemme by COP18 in Sri Lanka gehoor gaan word,” het Shifeta gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!