Amptenare van Amerika, N-Korea praat in New York
Amptenare van Amerika, N-Korea praat in New York

Amptenare van Amerika, N-Korea praat in New York

Voorbereidingswerk vir 'n moontlike ontmoeting tussen Kim Jong-oen en pres. Donald Trump word gedoen.
Senior amptenare van Amerika en Noord-Korea het Woensdag in New York ontmoet vir die eerste van twee dae se gesprekke oor die toekoms van die Koreane se kernwapenprogram en 'n moontlike beraad tussen pres. Donald Trump en Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen.

Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake, en Kim Jong-tjol van die regerende Werkersparty en wat baie na aan Kim is, was sowat 90 minute in gesprek voordat hulle uiteengegaan het sonder om enige terugvoering of kommentaar te lewer aan verslaggewers wat buite gewag het.

Pompeo het net gesê dat die ete “groot” was en dat hulle “Amerikaanse beesvleis” geëet het.

Dit was nie bekend of die twee mans enige vordering gemaak het om die knaende verskille tussen Washington en Pjongjang te beëindig nie.

Vroeër die dag het die Withuis die moontlikheid oopgelaat dat die beraad tussen Trump en Kim op 12 Junie in Singapoer gehou kan word, ten spyte van die feit dat Trump net dae gelede die vergadering gekanselleer het.

- Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!