Amutenya en Botha tops vir Nigerië
'n Span met tien lede gaan Namibië Juliemaand in Nigerië by die o.15 Afrika-kampioenskap verteenwoordig.
Tielman van Lill
'n Span van veertien opgewonde spelers het Namibië onlangs in Umgeni-park, Durban, by die Suid-Afrikaanse o.15 pluimbalkampioenskap verteenwoordig.
Hoewel die meeste van die kinders jonger as 15 jaar is, het dit hulle nie verhoed om opnuut hul merk in Suid-Afrika teen meer gesoute spelers van die Grens, KwaZulu-Natal, Noord-Kaap, Vrystaat, Westelike Provinsie, Suid-Gauteng en Oos-Gauteng te maak nie.
Die toernooi het eers met die spankompetisie weggespring waaraan 12 spanne op 'n rondomtaliegrondslag deelgeneem het. Nadat die spankompetisie afgehandel is, is die enkelspelafdeling en parespel asook gemengde dubbelspelafdeling aangebied.
Namibië A het al sy wedstryde in die eerste, tweede, derde en vierde ronde, asook die kwarteindstryd en semifinaal gewen. In die semifinaal klop Namibië vir Vrystaat met 6-2, maar val in die eindstryd teen KwaZulu-Natal met 5-3 vas.
Indien Namibië teen die gasheerunie geseëvier het, sou hulle verder aan die spankompetisie in die volgende ronde deelgeneem het.
Me. Lynn du Preez, hoofafrigter en mentor vir Namibië, sê die kinders het uitmuntende spel gelewer.
“Ons kinders het wel nie onder die topvier spanne geëindig nie, maar wel bo-gemiddeld teen hul Suid-Afrikaanse eweknië gevaar wat baie ouer as hulle is.
“Klein Hertta Amutenya is nou eers elf jaar oud – hou haar maar gerus dop. Sy gaan nog die wêreld aan die brand speel met haar besonderse vermoë om die spel te lees en met haar volwasse benadering tot die spel.
“Sy en Jandré Botha is beide gekies om Namibië vanaf 8 tot 13 Julie in Abidjan, Ivoorkus, by die Konfederasie van Afrika-pluimbal se o.15 Afrika-kampioenskap saam met nog Namibiërtjies te verteenwoordig. Dié twee is ook Namibië se nommer een meisie- en seunspelers.
“Jandré is 'n passievolle sportman wat 'n dag vroeër terug na Windhoek gevlieg het om aan die o.13- Cravenweekproewe by Laerskool Pionierspark deel te neem.
“Ons B-spannetjie het ook glad nie sleg gevaar nie. Hulle het sake teen KwaZulu-Natal vir die negende en tiende plek uitgespook. Die tuisspan was op die ou end te sterk vir ons, maar Namibië B eindig steeds 10de uit twaalf spanne,” het Du Preez trots vertel.
Enkelspel: In die afdeling het die 13-jarige Jandré Botha (vyfde gekeur) in die kwarteindronde teen Ronan du Plessis (RSA), die tweede gekeurde speler van die toernooi, in 'n rillerstryd verloor.
Ook Hertta Amutenya moes die knie in haar kwarteindstryd teen 'n veel meer ervare tweede gekeurde Tamsyn Smith (RSA) in drie stelle buig.
Dubbelspel: By die meisies het Namibië se Amutenya en Aqeela Nel in hul semifinaal teen Tamsyn Smith en Taniel Stroud van Suid-Gauteng verloor.
Botha en sy spanmaat Weston Wang (RSA) verloor in die seunsfinaal in drie stelle teen Cullen Kakora en Barco Scheffer (beide RSA). Aiden Baumann en Lindell Coetzee (Namibië) vorder tot in die semifinaal waar hulle deur Botha en Wang uitgeskakel word.
Gemengde dubbelspel: Baumann en Kendra Coetzee (RSA) vorder tot in die kwarteindronde, maar word deur Heath Delport en Peyton Govender Botha (beide RSA) uitgeskakel. Botha en Tamsyn Smith (RSA), sy dubbelsmaat, word in die semifinaal deur Wang en Amy Ackermann in 'n goeie botsing gekeer. Aqeela Nel en Noah Nell (beide Namibië), kaptein van die Namibiese span, wen die plaatafdeling teen Lourens Scheffer en Isabel Badenhorst (beide RSA).
Ná die kampioenskap is die spelers volgens hul uitslae gekeur
Seuns A-afdeling: Jandré Botha (3rd), Rii Kavari (9de), Aiden Baumann (10de).
Meisies A-afdeling: Hertta Amutenya (2de), Emilie Amutenya (4de), Aqeela Nel (7de),
Seuns B-afdeling: Lindell Coetzee (1ste), Tristan Nell (2de), Henrique Coetzee (9de), Given Julius (10de).
Meisies B-afdeling: Jody Rossouw (2de), Kendra Coetzee (4de), Tiana Botha (6de).
Du Preez bedank die span se borge en ouers wat behulpsaam met die toer na Durban was.
“Ek wil namens al die spelers ons borge en ouers bedank wat met die vervoer en reëlings gehelp het om die toer moontlik te maak,” het die afrigter gesê.
In Junie gaan die sussies Emilie en Hertta Amutenya asook Tristan Nell aan die o.13 Suid-Afrikaanse kampioenskap in Bloemfontein deelneem.
Die span wat Namibië in Julie by die o.15- Afrika-kampioenskap in Abidjan gaan verteenwoordig, is die seuns Noah Nell (kaptein), Jandré Botha, Rii Kavari, Aiden Baumann, Tristan Nell, Lindell Coetzee en die meisies Hertta Amutenya, Ashley van Eeden, Ava August en Aqeela Nel.
Borge is welkom om die Namibiese Pluimbalvereniging te kontak met donasies om hul deelname in Nigerië te verseker.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie