Analitiese verlamming kniehalter ekonomiese weerbaarheid
Nywerheids- en bedryfsleiers moet nou besluit
Dr. Kobus Laubscher
“Skoenmaker, hou jou by jou lees” bly 'n waar gesegde, maar ekonome probeer sin maak van hoe verskillende regerings Covid-19 hanteer om aanbevelings te maak.
Dit korrespondeer met 'n pasiënt in 'n ernstige ongeluk. Stapsgewys word bloeding gestop, die pasiënt word gestabiliseer, afgevoer en uiteindelik dalk gerehabiliteer voordat pre-ongeluk mobiliteit herwin kan word en daar groei kan wees. Ekonomieë in Suidelike Afrika is in intensiewesorg en hoewel Covid-19 'n eksterne gesondheidskok is, het dit vraag en aanbod betekenisvol verwring.
Midde dié pandemie moet egter verder gekyk word na hoe 'n herboude land moet lyk. Daar kan nie gewag word tot die siekte verbygaan voordat die afgeleide ellendes gepak word nie.
Die interessante is dat China reeds besig is om sy ekonomie te herposisioneer en waarnemers sê dié herstel gaan die wêreld verras in terme van omvang en spoed.
In leketaal beteken strategie die manier hoe beweeg moet word na nuwe terrein. Dié beweging word gevoed deur 'n visie van hoe dit kan wees, en welke toestand 'n verbetering sal wees op die huidige situasie. Bestekneming van die status quo ontbloot gapings tussen wat is en wat veronderstel was om te wees, en dan kom die besluit om te verander. Hierdie proses word ondersteun deur 'n magdom van ontledings.
Kortom, om te meet is om te weet en die beste manier om almal betrokke te motiveer dat verandering nodig is, is om 'n nuwe droom te skep en dan die mees geraaktes te oortuig dat dit beter gaan wees.
Die toets lê dan daarin dat die visionêre van daardie nuwe bestemming kyk na waar hulle nou is en dan werk aan die hóé om te kom waar hulle wil of moet wees. Sodra dié proses voltooi is, moet daar tot aksie oorgegaan word en namate daar beweeg word, moet vordering teen die doelwitte gemeet word. Dié vordering moet tydig genoeg wees om te kan aanpas by veranderde omstandighede en strategiese ompaaie sal deel moet uitmaak hiervan, maar sonder om koers te verloor.
Indien dié waarheid van toepassing gemaak kan word op die hantering van die Covid-19-pandemie, kom dit voor asof regerings aan analitiese verlamming lei. Al hoe meer geloofwaardige data word beskikbaar en dié data word verskillend geïnterpreteer.
Dit wil voorkom besluitnemers het hulle dalk so moeg gewerk het aan die ontleding van dié data, dat hulle nie tot aksie kan oorgaan nie. In sekere opsigte word die riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) gevolg, maar sonder om gehoor te gee aan ander lande wat dalk al verby die toetsfases is van die WHO se vertolking van die feite.
Daar is geen aller antwoord nie – pragmatisme en vlugvoetige besluitneming is die oplossing. Uiteraard het dié ook perke soos ervaar word uit die uitsprake van pres. Donald Trump van die VSA. Hy spring dalk rond soos 'n kat op 'n warm plaat, maar ten minste toets sy siening en uitsprake grense op onkonvensionele wyse.
Die vraag is waar laat dit ons? Soos wat data oor die pandemie gesondheidsorg aan die begin gereël en optrede gedikteer het, is daar nou nuwe data beskikbaar oor die impak.
Aanvanklik is groot geskrik oor die impak op die gesondheid van die bevolking en was daar goeie meriete vir die grendeltyd. Die hele land kon fokus op 'n onmiddellike krisis.
Die lewe het egter nie gaan stilstaan nie en die ekonomie se wiele wat aanvanklik gerem is, het nou implikasies waarvan die negatiewe impak dít wat voorsien is vir Covid-19, gaan oorskadu.
Dit is hoe ontleding werk. Elke keer wat 'n model toegepas word, werk dit beter omdat nuwe data ingevoer is. Waar die staat aanvanklik die statutêre vermoë gehad het om inperkings af te dwing, is dit duidelik dat dieselfde regering uit voeling is met hoe om die samelewing weer te laat werk. Dié gaping gaan groter skade aanrig as die pandemie self.
Wat nou nodig is, is vars bene soos met die spelers op die bank. Die afrigter wat hulle gekies het vir die bank, moet sy geloof nou bewys en die vars bene op die veld kry. In die moderne idioom is dié vars bene die nywerheids- en bedryfsleiers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie