Anton Lubowski-gedenklesing vandag by Universiteit Stellenbosch
Anton Lubowski-gedenklesing vandag by Universiteit Stellenbosch

Anton Lubowski-gedenklesing vandag by Universiteit Stellenbosch

Francoise Steynberg
Die Suid-Afrikaanse politieke kommentator Max du Preez en regter Albie Sachs is die hoofsprekers by die eerste Anton Lubowski-gedenklesing wat op die 30ste herdenking van sy dood by die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Regsgeleerdheid gehou sal word.

Die gedenklesing is die eerste by die Universiteit ter viering van die lewe van die vermoorde anti-apartheid aktivis en advokaat Anton Theodor Eberhard August Lubowski (3 Februarie 1952 – 12 September 1989).

Die geleentheid vind vandag om 17:30 in die Ou Hoofgebou, Ryneveldstraat, Stellenbosch, plaas. Ligte verversings sal bedien word.

Die lesing is deur Charl Adams, 'n universiteitsvriend en koshuiskamermaat van Anton Lubowski, geïnisieer en word deur die Fakulteit Regsgeleerdheid in samewerking met die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, Simonsberg-koshuis en die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling aangebied.

“Dit was nog altyd 'n droom van my om die nalatenskap van Anton te eer. Ek voel dat hy polities-gesproke onbillik behandel is en nooit behoorlik erkenning ontvang het nie – in Suid-Afrika sowel as in Namibië,” sê hy.

“Anton was in die sewentigerjare ’n student in Stellenbosch en ’n inwoner van Simonsberg-koshuis. Om dus hierdie geleentheid in samewerking met die universiteit te hou, maak net vir my sin en is 'n droom wat waar geword het.”

Adams is ‘n afgetrede redakteur van die Small Business Labour Bulletin, die boek Affirmative Action in a Democratic South Africa (Juta, 1993) en senior beampte van die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid.

Foto Namibiana Buchdepot

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!