Appaloosas die eerste keer by skou
Tanja Bause - Cilliers Hi Silverado (2 jaar) is as die junior kampioen onder Appaloosa-hingste by die Windhoek Skou aangewys.
Dit is die eerste keer wat dié perderas aan die skou deelneem en ook die eerste keer dat in Namibië daarmee geskou word.
Tien jaar gelede het die Cilliers Boerdery op die plaas Orion naby Maltahöhe met die teel van Appaloosas begin. Hulle het twee merries en ’n hings van Suid-Afrika ingevoer. Vandag spog die boerdery met 34 stoet Appaloosas.
Cilliers Hi Ombere (10 maande) is as die wenvul aangewys terwyl Cilliers Hi Extravaganca (9 maande) die reserwe kampioen is.
Die Nez Perce Indiane in Amerika het eeue gelede reeds met die perde geteel en was die enigste stam wat selektiewe teling toegepas het. Vroeë setlaars in die VSA het die perde vernoem na die Appalousey-rivier wat deur die noordelike gedeelte van Idaho loop. Die naam het later na die Appaloosa verander.
Die VSA het ’n geskatte 400 000 van dié perde. In Suid-Afrika is daar omtrent 3 000 diere en in Namibië 110 onder 13 telers. Die Appaloosa Stoettelersvereniging is in 2013 in Namibië met slegs twee gestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie