Apple sluit al sy winkels, maar iStore bly nog oop
Petrus Malherbe – Apple het Dinsdag aangekondig hy sluit al sy winkels wêreldwyd, buiten in China, tot verdere kennisgewing.
Dié stap word gedoen in ’n poging om die vinnige verspreiding van die Covid-19-virussiekte te keer.
In Suid-Afrika word Apple-produkte deur iStore verkoop en bemark.
Chris Dodd, uitvoerende hoof van iStore, het by navraag gesê iStore-winkels bly oop en dat die handelaar daartoe verbind bly om ’n “veilige plek te skep vir kliënte om inkopies te doen”.
Groot Kaapse winkelsentrums soos Canal Walk, Tygervallei, Cape Gate en die V&A Waterfront het ook aan Nazley Wilschutt gesê hulle het bykomende maatreëls ingestel om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.
Dit sluit in die beskikbaar stel van bykomende handreiniger en die herstel van watertoevoer na krane wat te midde van die Kaapse waterkrisis afgesny is.
iStore bedryf 25 winkels in Suid-Afrika, insluitend takke in al die grootste Kaapse winkelsentrums.
Volgens Dodd implementeer die handelaar “bykomende voorsorgmaatreëls rakende higiëne” soos deur die departement van gesondheid vereis word.
iStore-winkels sal ook beperkings instel op hoeveel kliënte op ’n slag toegelaat word.
Tot tyd en wyl sal aflewerings vir aanlyn aankope ook gratis wees, sê Dodd.
Covid-19 is reeds by 116 Suid-Afrikaners gediagnoseer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie