Arbeidsbom
N$700 miljoen sal gebruik word om werksgeleenthede in die formele sektor te beskerm, met hulp ook later aan die informele sektor.
Dani Booysen - Die regering het gister opnuut die voet ferm dwarsgesit teen enige onmiddellike werksverliese weens die coronavirus-pandemie.
Werkgewers wat reeds mense afgedank of afgelê het, is opdrag gegee om hulle weer in diens te neem en met onderhandelinge te begin.
Wettige afdankings en afleggings mag volgens die regering nie voor 1 Junie geskied nie; 28 dae ná die inperkingstyd op 4 Mei verstryk. Dit is onseker of inperkings verleng sal word.
Besonderhede van ‘n subsidie vir lone en salarisse is nog nie aangekondig nie. Covid-19 het die afgelope drie weke, soos elders in die wêreld, groot verwoesting aan die ekonomie aangerig.
Die arbeidsvoorskrifte is vervat in ‘n kennisgewing wat gister reeds vir publisering in die Staatskoerant voorberei was.
Om lone en salarisse te verlaag, sal vakbonde en/of werknemers se instemming nodig wees. Op skrif word dit verbied om werknemers se vergoeding te verminder as hulle voldag werk – hetsy op kantoor of tuis.
Die nuwe minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Utoni Nujoma, het by navraag gesê: “Jy (die werknemer) móét instem.”
Ook voltydse werkers se salaris kan volgens hom ingeperk word, mits die vakbond en werknemers daartoe instem en dit “redelik” is.
“Ons moedig gesprek aan,” het Utoni gesê.
“Ons (werkgewers en werknemers) moet kyk hoe ons tot ‘n vergelyk kan kom. Die doel is om eensydige optrede (deur werkgewers) te ontmoedig,” het hy benadruk.
Die arbeidswet verbied ‘n vermindering van meer as 50% in werknemers se betaling. Enige inkorting van voordele moet volgens wet deur ‘n vermindering in werksure weerspieël word.
Die uitwerking op die arbeidsmark was die onderwerp van gister se daaglikse oggenduitsending oor Covid-19.
Die gaste was Nujoma, sy raadgewer, me. Vicki Ehrenstein Ya Toivo, en die uitvoerende hoof van die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC), me. Milka Mungunda.
“Ons moet hande neem,” het Nujoma by herhaling tydens die praatjie gesê. Hy het aangevoer dit is werkgewers se plig om mense by te staan uit wie se arbeid hul vir baie jare “voordeel” getrek het. Volgens die minister is geen data nog beskikbaar nie oor die tol wat die coronavirus reeds geëeis het.
SUBSIDIES EN ANDER HULP
Volgens Mungunda sal besonderhede oor loon- en salarissubsidies eersdaags aangekondig word.
N$700 miljoen is beskikbaar om die formele sektor by te staan. Die aanvanklike stimulusplan het N$400 miljoen genoem.
Die mees geraakte bedrywe is geïdentifiseer as konstruksie, landbou, vervaardiging, die kleinhandel, dienste, vervoer, toerisme en gasvryheid, huishulpe en vermaak.
“Ons probeer op elke moontlike manier om te kyk hoeveel werke ons kan red,” het Mungunda gesê.
Sy het gepleit vir geen afdankings of verlagings in betaling nie tot aan die einde van Junie.
Werkgewers en werknemers is vir drie maande van die betaling van bydraes aan SSC kwytgeskeld.
“Kwesbare” werkers wat vanaf 1 Februarie 2020 lede van die SSC is, in goeie stand is en minder as N$50 000 per jaar verdien, sal vir drie maande vir tot 50% van hul inkomste kwalifiseer. Sulke betalings sal nie minder as N$1 000 per maand beloop nie.
Samesprekings vind plaas oor bystand aan die informele sektor. Aansoekers vir die hulp sal bewys van verlies aan inkomste moet toon, by SSC registreer indien hul nog nie het nie en vir ‘n jaar getrou betaal. Streng keuring sal geld. Bedrae is nie in die verband genoem nie.
Die SSC sal sy ontwikkelingsfonds post-Covid-19 gebruik vir skenkings, lenings en opleiding aan geraaktes.
Covid-19 het die SSC genoop om die daarstel van werkloosheidsversekering te bespoedig, het Mungunda gesê.
Nujoma en Ya Toivo het gesê die heropleiding en herontplooiing van arbeid sal nie net weens Covid-19 nodig wees nie, maar ook weens die vierde nywerheidsrevolusie.
Die reeds aangekondigde verbod op onbetaalde verlof en gedwonge vakansie- of siekverlof is ook in die voorskrifte vervat.
‘n Werknemer wat onveilig voel omdat gesondheidsmaatreëls teen Covid-19 nie behoorlik by sy/haar werkplek toegepas word nie, kan met kennis huis toe gaan. So ‘n werknemer se voordele mag nie ingeperk word nie.
Dieselfde strawwe geld vir sommige van die arbeidsoortredings as vir ander verontagsamings van die noodtoestand en inperking: ‘n boete van N$2 000 en/of tot ses maande se tronkstraf. Ander oortredings resorteer onder die Arbeidswet. [email protected]
ARBEIDSREËLS VIR COVID-19
• Geen afdankings/afleggings tot 1 Junie
• Verlagings in lone en salarisse – net met vakbond en/of werknemers se instemming
• Gedeeltelike betaling – ook met instemming
• Geen vervoertoelae vir werkers tuis
• Siekverlof vir werknemers in kwarantyn of isolasie (bykomende voordele van SSC)
• Aanstelling in selfde of soortgelyke posisie (met opleiding)
• Reg op heraanstelling vir 2 jaar
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie