ArcelorMittal kan dán weer winsgewend wees
ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) kan vir die eerste keer sedert 2010 winsgewend wees – maar slegs met die voorbehoud dat die regering in die volgende drie maande verdere tariewe instel om Afrika se grootste staalprodusent teen goedkoop invoer te beskerm.
“Met die verwagting dat dié beskermende tariewe teen die einde van die derde kwartaal van 2016 ingestel sal wees, bly die direksie van mening dat die maatskappy op medium termyn sal terugkeer na winsgewendheid,” het Amsa Vrydag in ’n Sens-verklaring gesê.
Amsa, wat teen einde van 2015 byna 10 000 mense in diens gehad het, sukkel om wins te maak weens onder meer die skerp toename in die invoer van Chinese staal teen pryse van soveel as ’n kwart laer as wat Amsa dit kan produseer.
Hy maak voortdurend voorbrand by die regering om plaaslike staal te koop en invoertariewe sowel as straftariewe teen storting te verhoog en die maatskappy sodoende meer lewensvatbaar te maak.
Die maatskappy se verlies het in die ses maande tot einde Junie binne ’n band van 42c tot 46c per aandeel toegeneem, teenoor die verlies van 28c per aandeel ’n jaar vroeër.
Dit is wel aansienlik beter as die verlies van R21,25 per aandeel vir die ses maande geëindig op 31 Desember en kan aan kostebesparings en prysverhogings toegeskryf word.
“Die plaaslike staalbedryf word ondanks die positiewe vordering met tariewe steeds deur (goedkoper) invoer, veral uit China, bedreig.
“Beskermende tariewe, ’n billike prysmeganisme en inisiatiewe waartoe die SA regering hom verbind het om plaaslike staal vir infrastruktuurprojekte te gebruik, is nodig om te verseker dat die staalbedryf in sy geheel lewensvatbaar bly,” lui die verklaring.
Die regering het op versoek van Amsa invoertariewe op staal ingestel, wat op sy beurt daartoe gelei het dat die produksievermoë van sy aanlegte by Vanderbijlpark en Newcastle beter benut is.
Amsa het die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) van die departement van handel en nywerheid vir vyf verskillende tariefbeskermingsmaatreëls gevra en invoertariewe op walsstaal wag op finale goedkeuring.
Amsa oorweeg dit om laekoste-energieoplossings, moontlik die gebruik van gas, by sy Saldanha-aanleg in te span.
Die toekoms van dié aanleg is in die weegskaal nadat hy in Februarie afskrywings in sy boeke ter waarde van R3,6 miljard moes doen weens die hoë krag- en staalpryse.
“Die styging in internasionale pryse het tydelike verligting vir Saldanha gebring en die aanleg in staat gestel om teen verhoogde kapasiteit te produseer vergeleke met die tweede helfte van 2015,” lui die verklaring.
Amsa se aandeelprys het in ’n stadium Vrydagmiddag met 2% tot R8,04 geval.
- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie