As 2020 u2019n liedjie was. . .
As 2020 u2019n liedjie was. . .

As 2020 ’n liedjie was. . .

Francoise Steynberg
Ons is oor die halfpadmerk van 2020 en vier maande in Covid-19-hoktyd in.

Toe almal op 1 Januarie 2020 vrolik die nuwe jaar met sjampanje in die hand gevier het, het niemand geweet hoe rampspoedig die jaar vir ons sou uitdraai nie.

Toe ons ons nuwejaarsvoornemens opgestel het, sou niemand kon raai dat geen land buite ons grense op jou reislys kan wees nie. Nou doen ons maar Local is Lekker-toerisme, en ontdek die agterpaaie in ons eie land. Dis nou tot wanneer ons geld hou, want dit gaan maar broekskeur met ons beursies se inhoud.

Diegene wat in 2020 van voorneme was om op te hou rook, se rokie is in Suid-Afrika sommer deur die regering uitgeblaas, tensy jy ’n hemelhoë prys vir jou twak sal betaal. Boonop moet ons suidelike bure hul dranklus ook nou weer blus.

Niemand het op Nuwejaarsdag gedink ons gaan vanjaar maskers dra, na ontsmetmiddel ruik en geen drukkies kry nie.

Ek het vir die eerste keer ooit nie Wimbledon-tennis gekyk nie en die Olimpiese Spele in Japan is ook na die maan.

My skrywersvriend Marion Erskine het op Lekkerleesboekrak gevra as 2020 die titel van ’n boek was, wat sou dit wees? ’n Paar Afrikaanse titels is voorgestel soos Koorskaskenades, Nagmerrie, Vasbyt, Gekanselleer en Afspraak met corona. Selfs Deon Meyer kon nie voorspel dat sy boek Koors so profeties sou word nie.

Die Engelse boektitels waarmee boekwurms vir 2020 vorendag gekom het is Catch 2020, The Ultimate Lockdown, The Lost Year, A Year down the drain, Stop, Pause, Reboot, One Year of Solitude, A Passage to Crazyness, How to lose a year, Stay away from positive people, Who moved my mask? (in plaas van Who moved my cheese?), en Who Stole My Sanitizer.... and other mysteries from the year Covid 19 AD.

Toe vra ek my vriende om met liedjies vorendag te kom wat 2020 perfek beskryf: Higway to Hell, The Final Countdown, Don’t worry, be happy, Poison, The Gambler, The End, It’s the end of the world as we know it, Jaws, Nightmare on Elm Street, Living on my own en I want to break free.

Nuusredakteur Ronelle Rademeyer kom sommer met ’n treffersparade vir 2020 na vore: The Beatles se Help, Joy Division se Isolation, Van Halen se Somebody Get Me a Doctor, The Police se Don't Stand So Close to Me, George Harrison se All Things Must Pass, Iron Maiden se Virus, Dead Kennedys se Government Flu, System Of A Down se Lonely Day, Queensrÿche se Spreading the Disease, Napalm Death se You Suffer, Pink Floyd se Comfortably Numb, Bee Gees se Stayin' Alive en Disturbed se Down With the Sickness.

Erongo-kollega Iréne-Mari sê 2020 is beslis ’n country-liedjie en Christine sê ook uit die Erongostreek Raak vir my rustig.

Skoolmater Anell slaan die spyker op die kop en beskryf 2020 as die meubelvervoer-advertensie met die ou, afgeremde oom in die groen skoro-skoro-lorrie vol meubels wat skeef-skeef van die pad af ry. Die houttralies breek, die meubels val stuk-stuk af en breek in stukke terwyl die radio blêr:
There goes my everything.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!