Astral oorweeg regstappe teen BTW-paneel
’n Paneel van ondersoek sê hy vertrou sekere hoenderprodusente nie om besparings aan arm verbruikers deur te gee nie.
Vida Booysen – Astral, Suid-Afrika se grootste pluimveemaatskappy, oorweeg regstappe teen uitsprake van die paneel wat die invloed van hoër belasting op toegevoegde waarde (BTW) op verbruikers ondersoek.
Die paneel onder leiding van prof. Ingrid Woolard sê hy gaan nie hoendervleis, die belangrikste en goedkoopste bron van vleisproteïen vir arm Suid-Afrikaners, aanbeveel vir vrystelling van BTW nie.
Een van die redes wat hy aanvoer, is dat hy nie plaaslike hoenderprodusente soos RCL en Astral Foods vertrou om besparings wél aan arm verbruikers deur te gee nie.
Astral neem aanstoot aan hierdie karakterisering van ’n genoteerde maatskappy wat deur aandeelhouers, ontleders en die sakemedia as deursigtig en toeganklik beskryf word, sê Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral.
Astral se direksie het Dinsdag hieroor vergader.
“Ons het gedink ons het ’n goeie idee wat die paneel se mandaat en opdrag is, maar het nie geweet dit sluit in om te bepaal watter maatskappye betrokke sou wees by die vrystelling van BTW op hoender en of hulle vertrou kan word of nie,” sê Schutte.
RCL Foods is ook om kommentaar genader maar ’n woordvoerder het gesê die maatskappy besluit nog of hy sal reageer.
Die paneel het onder meer verwys na twee voorvalle waar Astral by die Mededingingskommissie verkla is en waar die maatskappy in 2012 met die kommissie geskik het oor prysvasstelling van vars pluimvee in die Wes-Kaap, die vasstelling van handelsvoorwaardes en die misbruik van markoorheersing.
“Daar is geen aanduiding dat sodanige markgedrag nie weer sal plaasvind nie,” het die paneel in sy aanbeveling gesê.
Schutte wys daarop dat die kwessies waarna die paneel verwys, voor sy termyn as uitvoerende hoof plaasgevind het. Toe hy die leisels oorgeneem het, het hy die sake laat skik om sodoende met ’n skoon lei te begin.
Een van die sake dateer van 1993 en is volgens Schutte deur ’n party aanhangig gemaak wat hom uit ’n kontrak wou loswikkel deur te beweer Astral het destyds teenmededingend opgetree.
“As klagte voor die Mededingingskommissie ’n maatstaf vir die paneel was, waarom het hy dan aanbeveel dat witbrood van BTW vrygestel word terwyl die sogenaamde broodkartel die grootste saak is wat nog deur die Mededingingskommissie oopgevlek is?”
Die Mededingingstribunaal het in 2007 bevind Pioneer Foods, Tiger Brands en Premier Foods het tussen die 90’s en 2006 met broodpryse geknoei en boetes van etlike miljoene is aan die drie oortreders opgelê.
Schutte wys ook daarop dat Astral die enigste maatskappy is wat bereid was om die BTW-verhoging se impak op sy verbruikers te versag deur vir ’n tydperk van twee maande die verhoging self te subsidieer.
Dít het die maatskappy volgens Schutte tussen R15 miljoen en R20 miljoen gelos.
In antwoord op ’n vraag van Netwerk24 of Astral regstappe sal oorweeg, het Schutte gesê die maatskappy ondersoek verskeie opsies om sy naam in ere te herstel, insluitend regstappe.
“Ons beweerde onbetroubaarheid is deur die paneel aan die groot klok gehang, dis nie net iewers agter ’n koffietafel gefluister nie, en ons reputasie ook op internasionale vlak ly skade.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie