Aussies kies Farhaan, AB in T20-span
Aussies kies Farhaan, AB in T20-span

Aussies kies Farhaan, AB in T20-span

Krieket
Andrew Poolman
Johann de Jager



Hoewel Farhaan Behardien onlangs deur die Kings XI Punjab vrygestel is, kan hy met die komende Indiese Premierliga-veiling ’n stewige bod verwag.

Sy vertonings vir die Titans in die plaaslike T20-reeks is een van die redes waarom Behardien Woensdag saam met Suid-Afrika se AB de Villiers in Krieket Australië se T20-span van die Jaar gekies is.

CA sê vertonings in plaaslike sowel as in internasionale T20-reekse het gegeld met die aanwys van dié elftal.

Behardien het in sy vyf wedstryde vir die Leicester Foxes met die beste kolfgemiddeld by dié graafskap gespog.

Behardien (33) is buiten vir Virat Kohli die enigste ander kolwer wat meer as 20 T20-wedstryde gespeel het, wat ’n kolfgemiddeld van meer as 50 lopies vanjaar het, sê CA.

Hy het vandeesmaand in die Titans se laaste T20-groepwedstryd teen die Warriors in Oos-Londen ’n vyftigtal van net 14 aflewerings af gemoker.

Hy was wêreldwyd slegs die negende speler om dit reg te kry.

Behardien was sewe keer onoorwonne en sy kolfgemiddeld van 117.33 was toe ook die hoogste in die plaaslike reeks.

Hy het in net twee T20-wedstryde vanjaar vir die Proteas gespeel en net een keer gekolf.

De Villiers se groot hoogtepunt was sy 129* van net 52 balle vir die Royal Challengers Bangalore teen die Gujarat Lions in Mei in Bangalore. Hy en Kohli (109) het 229 om die tweede paaltjie in die wedstryd aangeteken wat die hoogste vennootskap in die IPL was.

• De Villiers is intussen ook saam met Quinton de Kock en Kagiso Rabada in die toetselftal van die jaar van die voormalige Engelse kaptein Michael Vaughan ingesluit.

Vaughan het die jong Rabada as die beste snelbouler ter wêreld aangewys, volgens die webwerf sportscafe.in.

• Krieket Australië se T20-span van die Jaar:

David Warner (Aus), Jason Roy (Eng), Virat Kohli (k, Ind), AB de Villiers (SA), Andre Russell, (Windies), Jos Buttler (Eng, paaltjiewagter), Farhaan Behardien (SA), Shahid Afridi (Pak), Jasprit Bumrah (Ind), Adam Zampa (Aus), Mustafizur Rahman (Bang).

• Vaughan se Toetsspan van die Jaar:

David Warner (Aus), Joe Root (Eng), Steve Smith (k, Aus), Virat Kohli (Ind), AB de Villiers (SA), Ben Stokes (Eng), Quinton de Kock (SA, paaltjiewagter), Ravichandran Ashwin (Ind), Josh Hazlewood (Aus), Mitchell Starc (Aus), Kagiso Rabada (SA). – Netwerk24 / Sport24 / cricket.com.au

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!