Australië verwerp Huawei weens spioenasievrese
Die Australiese regering het die Chinese tegnologievervaardiger Huawei verbied om toerusting vir 'n 5G-netwerk in die land te voorsien weens vrese vir spioenasie.
Dié stap kom ná advies van sekuriteitsagentskappe en bring Australië in pas met Amerika wat ook beperkings op die invoer van Huawei-produkte gestel het.
Die Australiese regering het Donderdag in 'n verklaring gesê nasionale veiligheidsregulasies wat gewoonlik geld vir diensverskaffers sal nou ook op die verskaffers van toerusting van toepassing wees.
Maatskappye “wat waarskynlik onderworpe sal wees aan buitegeregtelike voorskrifte van 'n buitelandse regering” sal die land se netwerk kwesbaar maak vir ongemagtigde toegang en word as 'n sekuriteitsrisiko beskou, lui die verklaring.
Die verklaring identifiseer nie Huawei by naam nie, maar 'n staatsamptenaar wat anoniem wil bly, het bevestig dit is juis op dié maatskappy gemik.
Huawei se filiaal in Australië, wat streng deur Beijing beheer word, het Donderdag op Twitter gesê Australië se besluit is “ongelooflik teleurstellend vir gebruikers”.
Australië het vroeër ook vir Huawei verbied om optieseveselkabels in die land te installeer.
Australië is besig om sy selfoonnetwerk gereed te kry vir sogenaamde vyfdegenerasie- (5G) tegnologie wat 'n internetspoed 100 keer vinniger as bestaande 4G-tegnologie bied.
Huawei het reeds in oorleg met MTN in Suid-Afrika eksperimente daarmee begin doen en 'n aflaaispoed van 520 megabis per sekonde bereik.
MTN en ander diensverskaffers in Suid-Afrika moet egter eers wag vir die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) om 'n frekwensiespektrum spesifiek vir 5G-verbindings toe te ken. – Netwerk24/Reuters, bygewerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie