BA Blasting behou franchise-titel

Twee merkwaardige vyftigtalle het Sondag se eindstryd behoorlik laat vlamvat.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



'n Aanskoulike vyftigtal deur Nicol Loftie-Eaton het hom Sondagnamiddag die toekenning as speler van die wedstryd beklink en was uiteindelik genoeg om die tipiese vuurwerke deur die opponente se JJ Smit (78) te help doodblus.

In die Richelieu T20-franchisereeks se finaal het Smit sy vyftigtal van net 23 balle gemoker, nadat Loftie-Eaton vroeër dié mylpaal met een bal minder gehaal het.

Die span van BA Blasting het by Wanderersveld 'n massiewe 211/4 teen King Price Kings opgestapel, om die titel met 54 lopies te beklink.

BA Blasting, met Gerhard Erasmus as kaptein aan die stuur, het eerste gekolf en 'n stywe kolftempo van 10.55 in hul toegelate 20 boulbeurte gehandhaaf. King Price se kolfbeurt het afgesien van Smit se bydrae so nie goed verloop nie en hulle moes tevrede wees om op 157/9 in 20 bb te eindig.

BA Blasting se aanslag het hoofsaaklik om hul aanvangskolwer Nicol Loftie-Eaton gedraai, wat op 67 (33 balle, 5x4, 4x6) deur Michael van Lingen en paaltjiewagter Lauritz Haccou uitgehardloop is. Loftie-Eaton het later ook twee paaltjies vir 35 in sy vier boulbeurte teen 8.75 laat kantel.

Michau du Preez op drie (47* van 34 b, 1x4, 4x6) en Ruben Claasen op ses (44* van 30 b, 2x4, 3x6) se onoorwonne 92-vennootskap het tot die laaste aflewering BA Blasting se lopietotaal opgejaag.

Vroeër het Erasmus as aanvangskolwer (14 van 10 b, 2x4, gevang JP Kotzé, geboul Dylan Leicher), Karl Birkenstock op vier (7 van 6 b, 1x4, gevang agter paaltjies deur Haccou, geboul Melrich Robyn) en Ruben Trumpelmann op vyf (13 van 8 b, 1x4, 1x6, gevang Kotzé, geboul Robyn) altesaam 34 lopies bewerkstellig.

Met 19 ekstras (13 wyd­lopers) was dit genoeg om die magiese 200 op die telbord verby te steek.

Robyn met 2/23 in 4 (5.75 lopies per bb) was verreweg King Price se beste bouler. Leicher help met 1/29 in 2.

King Price het wel sewe balle verby die grenstou geslaan en met tien sesse saamgepraat, maar dit was te min om die wenteiken te bedreig.

JJ Smit op vier het so byna manalleen met 'n stormloop van 78 lopies (40 b, 2x4, 8x6) die skaal in King Price se rooies se guns geswaai, maar hy is deur Ruben Claassen uitgevang van 'n aflewering deur die o.19-bouler Alexander Volschenk.

King Price se aanvangspaar van Danie van Schoor (17 van 14 b, 3x4, gevang Volschenk, geboul Bernard Scholtz) en Lauritz Haccou (4 van 2 b, 1x4, gevang Claassen, geboul Scholtz) is redelik gou uitgeknikker. Hul kaptein, JP Kotzé, op drie (8 van 10 b, 1x4) is skoongeboul as Loftie-Eaton se eerste slagoffer vir die dag.

Van Lingen (13 van 16 b, 2x6) beland ook in die valstrik van Loftie-Eaton se draaiballe toe Trumpelmann hom uitvang. In die swak lig het die Kings se later kolwers gesukkel om die boulwerk baas te raak.

Vir BA Blasting was Volschenk (3/17 in 4) vurig met 'n ekonomiese koers van 4.25. Trumpelmann (2/32 in 4) en Scholtz (2/30 in 3) laat beide soos Loftie-Eaton twee kolwers stap.



ALGEHELE PRESTEERDERS IN DIE REEKS

Meeste lopies: Craig Williams (XCO-M&M Signs) 311 lopies in sewe kolfbeurte (gemiddeld 44.42, kolftempo 125.4).

Hoogste kolftelling: Niko Davin (MR24/7) 115 van 50 balle teen BA Blasting.

Meeste sesse: JJ Smit 22, JP Kotzé 16, Niko Davin 14, Craig Williams 14.

Meeste paaltjies: Nicol Loftie-Eaton, 13 in sewe wedstryde.

Beste boulvertoning: Nicol Loftie-Eaton, 5/37 teen MR24/7.

Mees ekonomiese bouler (minstens 20 boulbeurte): Danie van Schoor (King Price) 5.25.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!