Baarse gewillig by hoeke

’n Goeie seisoen vir baarshengelaars word in die vooruitsig gestel.
Tielman van Lill
Die Namibiese Baarshengelvereniging (NBAA) het laas naweek sy 2021-hengelseisoen met twee kompetisies in die nasionale Bank Windhoek-reeks by die Oanobdam naby Rehoboth ingelei. In totaal is 118 baarse op die twee dae uitgetrek.

Saterdag het 18 senior en twee junior hengelaars die lyne laat sing om 61 baarse wat langer as 30 sentimeter is na die skaal te bring. Jürgen Geiger, Lourens Delport, Neels van Tonder, Johan Coetzee en Willie Sowden was die topvyf van die dag.

Sondag tydens die tweede toernooi is 51 baarse vir die dag gevang. Geiger het die swaarste vis van 1.803 kilogram ingeweeg, terwyl Brian Coertzen se baars van 1.615 kg by die juniors die lywigste was.

Andrew Hall, woordvoerder van die NBAA, sê met die goeie reëns wat die land onlangs ontvang het, lyk toestande belowend vir die hengelaars by die twee damme waar die baarse gesoek word.

“Ons voorspel ’n goeie baarsseisoen in beide die Von Bach- en Oanobdam vir die res van die jaar. Baie dankie aan Bank Windhoek vir hul volgehoue steun,” het Hall gesê.

Volgende op die baarshengel-almanak is 12 tot 14 Maart wanneer die kwalifiserende toernooi vir die Baars-Nasieskampioenskap in die VSA gehou word. Die NBAA sal kort vooraf besluit of die Oanob- of Von Bachdam gebruik gaan word.

Saterdag se uitslae

1 Jürgen Geiger (5 baars) 7.506 kg, 2 Lourens Delport (5) 7.080 kg, 3 Neels van Tonder (5) 6.222 kg, 4 Johan Coetzee (5) 5.630 kg, 5 Willie Sowden (5) 5.371 kg.

Juniors:1 Alexander Sowden (5) 4.773 kg, 2 Bian Coertzen (4) 3.483 kg, 3 Schalk Willem van Wyk (2) 2.222 kg.

Sondag

1 Jürgen Geiger (5) 7.057 kg, 2 Neels van Tonder (5) 5.802 kg, 3 Johan Coetzee (5) 5.708 kg, 4 Thinus William (5) 5.554 kg, 5 Richard Grant (5) 5.429 kg.

Juniors: 1 Alexander Sowden (5) 4.621 kg, 2 Bian Coertzen (1) 2.115 kg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!