Bak en brou saam met Briljantjies
Bak en brou saam met Briljantjies

Bak en brou saam met Briljantjies

Gerine Hoff
Tammy Kleinhans - Vir enige persoon wat lief is vir bak en brou, maar nie lus is vir ingewikkelde resepte nie, is ’n boek met maklike resepte beskikbaar.
Die Briljantjie-resepteboek is met behulp van die ouers van preprimêre leerlinge van Edugate op Otjiwarongo en deur me. Orpa Kühn saamgestel.
“Ek wou ? boek saamstel wat in die kombuis op die toonbank lê en nie in die kas gebêre word nie,” sê sy.
Elke onderwyser en leerling (ofte wel hul ouers) is gevra om minstens een resep vir haar te stuur. Langs die resepte verskyn ’n foto van die leerling wat die resep voorsien het.
Volgens haar moes die boek gebruikersvriendelik wees – ’n lekker leesboek, ’n lekker resepteboek en ’n lekker “vat en deurblaai” boek.
Kühn het gesê omdat die boek deur die preprimêre afdeling uitgegee is, wou sy hê dit moet so kleurvol as moontlik wees.
Dit het haar met die hulp van haar ma ongeveer drie maande geneem en sy het die uitleg van die boek self hanteer.
Resepte in die boek sluit in Oros-hoender, lasagne, botterskorsiesop, seekos-paella, wortelkoek, malvapoeding en kaaskoek wat net vier minute neem.
Die boek bevat ook idees wat om in jou kind se kosblik te pak, wyshede en ander pittige sêgoed asook kunsidees oor hoe om onder meer klei, gesigverf en gom te maak.
“Ons het besluit om die boek teen N$120 per eksemplaar te verkoop en die geld gaan vir die skool gebruik word.”
Kühn het ’n trampolien aangeskaf met geld wat reeds ingesamel is.
“Ons kinders is vir ons kosbaar en ons wil elkeen wat by Edugate se Briljantjies instap, net die beste grondslag gee om hul volle potensiaal te ontwikkel,” het Kühn gesê.
Die skool kan vir dié resepteboek gekontak word
“Ek hoop elkeen wat hierdie boek koop, vind dit só lekker om te gebruik en te lees soos wat dit vir my was om dit saam te stel,” sê Kühn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!