Bal in media se baan
Bal in media se baan

Bal in media se baan

Dani Booysen
Die staatshoof se herbekragtiging gister van die belang van mediavryheid is belangrik.

Pres. Hage Geingob het tydens die plaaslike viering van Wêreldpersvryheidsdag gepraat.

Die meeste media verskil ook nie van dr. Geingob se hernude aandrang dat die media nie vertroue kan inboesem as die bedryf nie self verantwoordbaar en deursigtig is nie.

Dit was te wagte dat die staatshoof nie persoonlik sommer sy gewig ronduit agter selfregulering sou gooi nie. Hieroor is daar steeds 'n politieke debat en almal weet dit is 'n kongresjaar.

Wat wel belangrik is, is dat Geingob benadruk het dat mediavryheid in die hande van die media is. Dit is minstens 'n suggestie dat selfregulering aanvaar sal word indien dit konsekwent toegepas word.

Om 'n gemengde model van staatsregulering (waar nodig) en selfregulering moontlik te maak, het die Redakteursforum van Namibië (EFN) gister ver­skeie wysigings aan klagteprosedures asook die Etiese- en Gedragskode vir plaaslike media aangekondig. Talle hiervan is belangrike veranderinge en dit dek ook aanlynmedia en kommentaar deur die publiek op sosiale mediaplatforms en webwerwe wat die media bestuur.

Ook belangrik is die omskrywing van beskermde soorte kommentaar.

Een vereiste vir meer doeltreffende selfregulering bly 'n kop­skuif by media wat dusver gratis die bemiddeling van die Media Ombudsman gebruik. Hulle sal nou moet betaal.

Hierdie jaarlikse fooie is minimaal en 'n skamele belegging in goeie joernalistiek en goeie, internasionaal erkende meganismes vir die beskerming van mediavryheid.



So sê ander

9 Mei 2017



Even dictators say they are for press freedom BUT…



Our most interesting Press Freedom Day speech for this year came from information and broadcasting services minister Kampamba Mulenga.

Kampamba said “the media's loyalty should be to the truth and to the p­eople of Zambia and not to individuals and their narrow personal interests.” Can anyone disagree with this? But there's a problem here: this is part of a well written speech that has nothing to do with Kampamba's ­political outlook or the policies of Edgar Lungu's government.

The media decisions and actions of this government are well known.

Their hostility towards the independent and critical media is not concealed, it's naked. But of course not even the worst dictator, tyrant ever openly says they are opposed to press freedom or democracy. They say they support press freedom BUT…

The hypocrisy of our leaders is truly embarrassing.• THE ZAMBIAN OBSERVER

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!