Bangladesj se premier tot 3de termyn verkies
Bangladesj se premier tot 3de termyn verkies

Bangladesj se premier tot 3de termyn verkies

Karin Eloff
Sjeich Hasina, premier van Bangladesj, is tot ’n derde termyn verkies nadat sy byna al die parlementêre setels in die land se verkiesing verower het.

Die opposisie beweer egter dat daar ongerymdhede was en dat ’n nuwe verkiesing gehou moet word.

Hasina se derde termyn begin te midde van bewerings van menseregteskendings, ’n aanslag op die media en om diegene te onderdruk wat van haar verskil.

’n Alliansie wat deur haar party, die Awami League, gelei word, het 287 van die 298 setels gewen, het die kieskommissie gesê.

Die kommissie het egter bygevoeg dat verskeie voorvalle van stemknoeiery landwyd ondersoek word.

Die leier van die BNP-opposisieparty, Chaleda Zia, is in Februarie op klagte van korrupsie in hegtgenis geneem. Sy beweer dat die klagtes polities gedrewe is.

Die BNP het net ses setels gewen. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!