Bank Windhoek-kunsstryd in pylvak
Altesaam 124 kunstenaars het vir Bank Windhoek en die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) se " 30x30 Art Canvas" -kompetisie ingeskryf.
‘n Paneel beoordelaars het die beste konsepte gekies wat kunstenaars ingeskryf het, en dié kunstenaars sal skilderdoeke ontvang om gestalte aan hul idees te gee.
Die kunstenaars het tot 2 Oktober tyd om hul kunswerke by die NAGN of naaste Bank Windhoek-tak in te dien. Die beoordelaars sal die toptien kunswerke kies, wat dan teen N$750 van die skoolkinders en N$1 000 van die kunstenaars in die kategorie vir amateurs deur Bank Windhoek gekoop sal word.
Die doel van die kompetisie is om vars, nuwe talent in die land te ontdek en vereis van kunstenaars om hul kreatiewe idees op ‘n skilderdoek van 30x30 cm oor te dra.
Die kompetisie het twee katergorieë – een vir skole en een vir amateurs. Eersgenoemde is vir kinders van graad 8 tot 12 (of 14 tot 19 jaar) en laasgenoemde vir kunstenaars wat nie ‘n tersiêre kwalifikasie in kuns het nie, nog nie enige solo-uitstallings aangebied het of deel aan groepuitstallings gehad het nie.
“Dit was verblydend om te sien hoe baie inskrywings ontvang is. Dit het ons opgewonde gemaak om te sien hoeveel belangstelling daar in die visuele kunskompetisie was. Ons het verskeie kunswerke van hoë gehalte ontvang en daar was ook kunstenaars wat ‘n bietjie opleiding en aandag nodig gehad het om hul werk te verbeter,” het een van die beoordelaars, Elna Venter, gesê.
Alle deelnemers sal ‘n deelnamesertifikaat ontvang en afhangende van die beoordelaars se besluit, sal uitgesoekte kunswerke by die uitstalling teenN$500 aan die publiek verkoop word.
Die prysuitdeling en opening van die uitstalling vind op 18 Oktober om 18:00 plaas. Die uitstalling duur tot 31 Oktober.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie