Bankbestuurder steel glo N$1,1 miljoen
Die 47-jarige vroulike bankbestuurder van Standard Bank se tak op Arandis is in hegtenis geneem en sal vandag op Swakopmund voor die landdros op twee klagte van diefstal verskyn.
Volgens die naweek se misdaadverslag het die bestuurder na bewering Woensdag 'n bedrag van N$800 000 uit die bank se kluis geneem en dit aan ’n onbekende persoon langs die B2-hoofweg oorhandig.
Vrydag het sy na bewering nog N$306 000 na ’n rekening by Bank Windhoek oorgeplaas nadat sy 'n telefoonoproep van dieselfde persoon ontvang het. Die rekeningnommer is per SMS aan haar gestuur.
Die persoon, wat nou net meer as N$1,1 miljoen ryker is, het glo aan die vrou belowe die geld sal verdubbel wanneer dit terugbetaal word. Geen sent is nog teruggevind nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie