Bankgroep koop 100 000 Covid-19-toetsstelle vir SA
Bankgroep koop 100 000 Covid-19-toetsstelle vir SA

Bankgroep koop 100 000 Covid-19-toetsstelle vir SA

Elvira Wood



Die FirstRand-groep, wat uit FNB, Wesbank en Rand Merchant Bank bestaan, het 100 000 UltraGene Covid-19-toetsstelle gekoop wat aan die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) geskenk sal word.

Die FirstRand-groep sê Maandagoggend in ’n verklaring hy het R20 miljoen deur middel van sy nuwe Spire-projek bewillig om dié toetsstelle te koop.

Right to Care, ’n organisasie sonder winsoogmerk wat die voorkoming, behandeling en versorging van MIV en verwante siektes ondersteun, het Spire ondersteun om die stelle by ’n Europese verskaffer te bekom.

“Die stelle is deur die Emory-universiteit in Atlanta in die Amerikaanse deelstaat Georgia, en die Berlynse Akademie in Berlyn, Duitsland, ontwikkel. Dit word deur Advanced Biological Laboratories (ABL) in Luxemburg vervaardig. Die toets kan op bestaande platforms in Suid-Afrika uitgevoer word. Resultate is beskikbaar sowat 2½ uur nadat dit die laboratorium bereik het,” lui die verklaring.

FirstRand sê die eerste bestelling van die toetsstelle word Maandag in Suid-Afrika verwag.

FirstRand het ’n totaal van R100 miljoen deur middel van die Spire-projek beskikbaar gestel juis om die mediese sektor in die land gedurende die Covid-19-pandemie te ondersteun.

“Spire se onmiddellike doel is om Suid-Afrika se vermoë te versnel om kritieke sorg aan Covid-19-gevalle te verskaf. Dit is veral gefokus op die ondersteuning van die mediese strukture en hulpbronne van die land, veral vir dié wat verantwoordelik is vir die verskaffing van toetsing, beskermende versorging, ventilators en die hantering van kritieke bedkapasiteit,” lui die verklaring.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!