Bates verruil vir 'n pot lensiesop
Bates verruil vir 'n pot lensiesop

Bates verruil vir 'n pot lensiesop

Mandy Rittmann
JURIE VILJOEN SKRYF:

Ope brief aan agbare Alpheus !Naruseb

Geagte Minister

Ek skryf hierdie brief in Afrikaans om twee redes:

Ek weet u sal nie omgee nie, omdat u moontlik onthou hoe erg my Namlish in die Parlement was.

Ek skryf in “my ma” se taal, omdat ek ’n opregte behoefte het om my duidelik uit te druk.

Ek hoef nie vleitaal te gebruik nie, maar ek kan met oortuiging sê dat u van die begin af een van die mees gerespekteerde parlementslede was en nog steeds is.

My betoog gaan oor die afsaag van ons bome in die noorde van Namibië. Daar is kort-kort ’n verwysing hierna in die openbare media en selfs foto’s van die hout wat vervoer word. U sal bewus wees daarvan dat die bome in Malawië en Angola omgesit word in houtskool waarmee vuur gemaak word. Hierdie lande neem dit wat mooi is weg.

Ek het anderdag gelees dat van die witgatbome by die krokodilplaas op Otjiwarongo tot 800 jaar oud is. In die Noorde van die land het ons die pragtige “valsmopanies” wat ook etlike honderde jare oud is. Een van die grootste bates van die Noorde is die mooi bome.

Ek doen hierdie navraag omdat dit die persepsie is van ons Namibiërs op straat, wat magteloos voel omdat ons geen inspraak of sê het nie.

Word hierdie hout maar aan vreemde moonthede verkoop, sodat hulle mooi dinge kan maak wat weer aan ons verkoop word? As dit so is, is dit nie maar dieselfde as die visskandaal waarin ons bates vir ’n pot lensiesop verruil word nie? Ons weet nie, maar ons vra.

Daar kan dalk aanvaar word dat van die plaaslike Namibiërs ook kontant kry vir hierdie hout; ’n kortsigtige siening. Om hierdie siening van kortsigtigheid te illustreer: Toe ons ’n ondersoek ingestel het na die kwessie van tienerswangerskappe in skole, het ons agtergekom dat van die ouers hulle dogters dorp toe stuur om geld te verdien.

My standpunt is dat die regering baie mooi moet dink oor 'n benadering dat mense geld kan maak deur ons bome te verkoop.

Geagte minister, ek hoop dat ons persepsie verkeerd is, want Namibiërs was nog nooit so moeg vir korrupsie nie en dit sal ons samebindende faktor wees.

Ek skryf hierdie brief met groot respek teenoor u en sou onderaan wou skrywe "oningeligte Namibiër", maar verkies my eie naam.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!