Bedenkinge oor MIV-toetse vir tieners
Bedenkinge oor MIV-toetse vir tieners

Bedenkinge oor MIV-toetse vir tieners

Dani Booysen
JOHN FREDERICKS SKRYF:

Daar was in ons plaaslike koerante berig dat wetgewing voorgestel word waarvolgens kinders van veertien jaar en ouer nie hul ouers se toestemming nodig sal hê om 'n MIV-toets te ondergaan nie.

Dit was nie vir my baie duidelik of dit net van toepasing op meisies is nie, en of seuns ook ingesluit word, maar hoe ook al, daar is vir my 'n grafstilte oor die sensitiewe tameletjie-saak.

Seksuele omgang met 'n veertienjarige word as statutêre verkragting beskou. Volgens die strafmaatreëls kan 'n persoon tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.

Nou, as 'n veertienjarige, sonder om haar/sy ouers in die saak te ken, toegelaat word om oor haar/sy seksuele status te gaan navrae doen, wat verhoed die boosdoener/verkragter om die veertienjarige af te pers, om te koop of te dreig om sonder om haar/sy ouers in te lig hul status vas te stel - of dit nie te doen nie?

Daar kan verder gelees word dat sou die wet toelaat dat die kind nie die ouer se toestemming nodig het nie, wat verhoed dan die kind om self te besluit met wie, wanneer en hoe sy/hy hul seksueel wil uitdruk. As 'n veertienjarige haar/sy seksuele fantasie met 'n veertigjarige wil uitleef en in 'n hof getuig dat dit was wat sy/hy begeer het om te doen, en dat hul niemand se toestemming of goedkeuring nodig het nie, dan is dit mos so dat die oortreder/verkragter sy/haar daad gepleeg het met 'n minderjarige wat wetlik kan besluit oor hul seksuele status en toestemming tot so 'n daad kan gee.

Ek kan nie die logika, rasionaal en relevansie in die voorgestelde wetgewing sien nie. Die redenasie dat veertienjariges alreeds seksueel aktief is, en dus hul status moet ken, gaan my verstand te bowe.

'n Kind bly 'n kind en tot en met die ouderdom van agtien jaar moet enigiets wat met daai kind gebeur voor die internasionaal aanvaarbare wetlike ouderdom van agtien jaar krimineel vervolg kan word, ongeag wie die oortreder is, en of die kind daartoe toestemming gegee het.

Dit is krimineel, oneties en ondermynend om 'n ouer se betrokkenheid by hul kind se holistiese groei wetlik te beperk, en die ouer uit te sluit by een van die belangrikste aspekte van 'n kind se groei tot volwassenheid.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!