Beesboere in kosteknyptang
Beesprodusente sê behalwe vir die herstel van weiding om hul toekoms te verseker, is die vestiging van ’n produsentgedrewe verslagtings- en verwerkingsaanleg noodsaaklik.
Elvira Hattingh - Beesboere sê hulle is die afgelope dekade in ’n wurgende kosteknyptang vasgevang, terwyl oorlewingstrategieë onder meer die totstandkoming van ’n doeltreffende, produsentgedrewe verslagtings- en verwerkingsaanleg sal beteken.
Verder sal sterk op die verbetering van nasionale weiding gefokus moet word, asook om meer winsgewende nismarkte vir Namibië te ontgin.
Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) het tydens hul afgelope kongres gesê die werklikheid is dat plaaslike oesproduksie al meer deur speenkalfproduksie vervang word.
Al minder slagbeeste word dus vir uitvoermarkte gelewer, wat beteken Namibië verloor sy mededingende voordeel op vleis wat op natuurlike weiding geproduseer word.
Kleiner volumes beteken dit moet in die kommoditeitsmark met voerkraalbees meeding.
Die uittredende voorsitter, mnr. Piet Gouws, het gesê die LPO se standpunt is ’n Namibiese beesuitvoerabattoir kan slegs volhoubaar wees indien dit winsgewend binne ’n mededingende markomgewing is.
Dit sluit in om ’n langtermyn- speenkalf-tot-slagprysverhouding van sowat 63% te handhaaf.
Terselfdertyd het mnr. Martin Hilbert terugvoering gegee dat ’n rekenaarstudie deur die LPO vir die vestiging van ’n produsentgedrewe verslagtingsaanleg waar produsente N$50 per kilogram vir ’n karkas betaal word, nie lewensvatbaar blyk te wees nie.
Tog is die studie op konserwatiewe aannames gegrond en moet kritieke suksesfaktore ook nog verifieer word, wat uitvoerakkreditasie, die toetrede tot uitvoermarkte asook die ontwikkeling van ’n handelsmerk ten einde direk aan kleinhandelaars te verkoop, insluit.
GRONDSLAG GELÊ
Die LPO se mnr. Mecki Schneider sê die lewensvatbaarheidsstudie oor die afgelope twee jaar lê die grondslag vir die toekoms.
“’n Doeltreffende verslagtings- en verwerkingsaanleg is van kardinale belang. ’n SOE-besigheid is nie die oplossing nie, maar eerder ’n besigheidsvorm wat sterk produsentebetrokkenheid behels. Dit is ononderhandelbaar,” het Schneider gesê.
“Ons sal energie, tyd en kapitaal moet inspan om dit te bewerkstellig.”
Schneider sê ontluikende vleisprodusente wat nuut tot beesboerderye toetree, stel nie die slagmark vir internasionale vleisuitvoere belang nie, maar fokus eerder op speenkalfproduksie.
“Die slagosmark sal meer winsgewend moet wees as ons meer speenkalwers binnelands wil hou,” het Schneider gesê. “Dit is belangrik dat ons vleis daar bemark word waar ons met buitelandse valuta vergoed word, soos byvoorbeeld die Euro of die Amerikaanse dollar.
Schneider sê tans kan die doeltreffendheid van die binnelandse waardetoevoegingsproses bevraagteken word, terwyl die optimale bemarking van Namibiese vleis in internasionale markte, oftewel nismarkte, ’n uitdaging is.
“Dit is noodsaaklik dat die beste prys vir elke uitvoersnit betaal word, sodat die slagmark kan kompeteer met pryse wat deur Suid-Afrikaanse voerkrale vir speenkalwers betaal word.”
Schneider meen dit is die enigste manier hoe dié tendens omgeswaai sal word.
“Ons moet egter erken daar ‘n plek vir duie gedesentraliseerde voer en afronding van bees is in tye soos die huidige droogte en weidingstekorte. Dit help vir ‘n verhoogde deurset by verwerkingsaanlegte, wat noodsaaklik vir beter winste is,” het hy gesê.
OMKEERPLANNE
Produsente-organisasies sal die totstandkoming van ‘n doeltreffende produsentgedrewe verslagtings- en verwerkingsaanleg sterk moet steun. Geen staatsbeheerde organisasie met eie doelstellings sal optimaal kan funksioneer nie,” het Schneider tydens die kongres gesê.
Hy sê ook voor Namibiese vleisprodusente nismarkte sal kan betree, moet daar aan volumes gewerk word. Alleen dit sal help dat die produksie hiervan kostedoeltreffend is. Die eerste stap is egter die verhoging van produksie - op ‘n volhoubare wyse.
Schneider sê Namibië kan nismarkte betree deur klem daarop te lê dat ons beesvleis omgewingsvriendelik op natuurlike weiveld geproduseer word - met behulp van goeie weiveldbestuur. “Goeie weivelde bind meer koolstof in die grond,” het hy gesê.
Hy meen ook die huidige klassifikasiestelsel vir vleis wat die afgelope veertig jaar gebruik word, behoort herevalueer te word.
“Die gedagte is om dit mettertyd te vervang met ‘n graderingstelsel wat klem op internasionale markvoorkeure lê. Dit is ‘n internasionale tendens in vleishandel.
WEIDING MOET HERSTEL
Weidingstoestande moet ook vinnig herstel word.
“Die realiteit is dat die gehalte en kwantiteit van Namibië se weiding, oftewel en die dragkrag daarvan, oor dekades drasties afgeneem het.
“Verbossing, kaal grond, hoë temperature en die toepassing van vogbewaringspraktyke is ‘n groot uitdaging. Terselfdertyd word die beginsels van goeie weiveldbestuur nie optimaal toegepas nie, wat tot ‘n drastiese afname in produksie lei,” het Schneider gesê.
Schneider sê goeie weidingsbestuur gaan toenemend belangrik raak omdat voorspellers meen Namibië sal een van die lande wees wat die kwaaiste deur klimaatsverandering geraka sal word.
“Minder reën word voorspel, maar ook ‘n verhoging in gemiddelde temperature van tot 4 °C. Vir elke 1 °C wat ons temperature verhoog, verhoog verdamping met 5%. Dit kom neer op ‘n vogvermindering van tot 20%.
Schneider meen ‘n langtermyn oplossing vir primêre produksie in ‘n omgewing waar die klimaat kwaai wisselvallig is, is om die balans tussen gras en bos te herstel. Sodoende sal ondergrondse waterbronne ook kan herstel.
“Namibië ervaar bosindringing oor 45 miljoen ha. Verhoogde houtskoolproduksie alleen, sal nie die probleem oplos nie.
“’n Kragsentrale wat indringerbos as brandstof gebruik, kan ‘n verskil in ‘n 100 km radius, of oor sowat 3 miljoen ha maak. Die chemiese behandeling van indringerbos bly ‘n opsie wat nie uitgesluit moet word nie,” het hy gesê.
Hy meen ook die LPO moet ‘n boerdery-akkreditasiestelsel oorweeg wat volgens goeie boerderypraktyke toegeken word sodat meer winsgewende nismarkte ontgin kan word. Dit kan soortgelyk aan die houtskoolbedryf se FSC-akkredasie wees.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie