Begrip vir andere se vrese
JOHN FREDERICKS SKRYF:
. . .mag daar altyd mense wees
Wat mekaar sonder skaamte in
die oë kan kyk –
want die lewe is 'n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker
- Breyten Breytenbach
Met bogenoemde aanhaling begin die Namibies gebore Suid-Afrikaanse skrywer Hélène Opperman Lewis haar boek Apartheid: Britain's Bastard Child.
'n Paar weke voor haar lesing hier in Windhoek het die wêreldbekroonde skrywer, digter, filosoof en menseregte-aktivis, Breyten Breytenbach, ook 'n insiggewende lesing hier in Windhoek kom aanbied.
Opperman Lewis se lesing het my tot baie ander insigte laat kom, veral teenoor ons wit landsgenote. Ek sal 'n groot onreg doen aan haar boek en lesing as ek wil poog om haar lesing en skrywe in konteks te plaas, maar ek kan wel sê wat dit vir my beteken het.
Ek het altyd geworstel daarmee hoekom dit altyd die onderdruktes moet wees wat uitreik na versoening, genesing en toenadering. Ek wou altyd probeer sin maak hoekom apartheid so doeltreffend toegepas was, en hoekom die letsels van apartheid nog so rou en diep lê.
In haar boek haal Opperman Lewis die volgende aan: “Suffering which falls to our lot in the course of nature, or by chance, or fate, does not seem so painful as suffering which is inflicted on us by the arbitrary will of another.” - Schopenhauer
Bogenoemde uittreksel verwoord my pyn en ek sal wil glo die van enige ander persoon wat gebuk moes gaan onder apartheid. Maar wat ons altyd uit die oog verloor het, was dat die onderdrukker ook gepynig was in en deur die proses.
Die vernedering wat die Afrikaner gedurende die Anglo-Boereoorlog moes deurmaak het volgens die skrywer die fondasie gelê wat sou volg na die oorlog. Die skryfster noem dat “The humiliation that Afrikaners experienced. . . leaving them fearing for their survival. One of the consequences of this humiliation was a fierce nationalism culminating in an re-enactment of their trauma by means of creating the vile institution of apartheid. My aim is not to justify apartheid, but to shed light on the historical events and psychological factors which informed its origins.”
Ek dink teen die einde van Desember 2017, wanneer ek hopelik die boek klaar gelees het, sal ek beter begrip hê hoekom sommige van my landsgenote opgetree het en nogsteeds optree asof hul voortbestaan bedreig word. In 'n gees van mededeelsaamheid is enige van my wit broers of susters welkom om die boek by my te leen.
Ek dink die boek is my beste Kersgeskenk en in die gee van Ubuntu - “I am because you are” - doen ek 'n beroep op Book Den om die boek teen “Black Friday”-pryse te verkoop.
Ek dink ek gaan nog baie oor die boek skryf, so diegene wat my wil kritiseer en wil uitjou, lees eers die boek, dan praat ons saam.
Of anders, soos die titel van een van ons Afrikaans boeke in matriek was, Hou-den-bek. . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie