Begroting 2018: Dís wat parlement uit mini-begroting verwag
Die buurland se tesourie sal waarskynlik nie sy mikpunt van ’n begrotingstekort van 3,7% teen 2020-’21 haal nie, wat kredietgraderingsagentskappe se wenkbroue kan laat lig.
Francois Williams – ’n Effens groter begrotingstekort vir 2019-’20 word verwag weens laer ekonomiese groei, sê dr. Seeraj Mohamed, adjunkdirekteur: ekonomie van die parlementêre begrotingskantoor.
Mohamed en sy span het Dinsdag aan ’n gesamentlike sitting van die parlementêre finanskomitees gesê op grond van inligting tot en met September verwag hy ’n begrotingstekort van 4% van die BBP vir 2019-’20, teenoor die 3,8% wat die nasionale tesourie in Februarie se begroting geraam het.
Dit laat dit onrealisties lyk dat die tesourie sy mikpunt van ’n begrotingstekort van 3,7% van BBP teen 2020-’21 gaan haal en kan kredietgraderingsagentskappe se wenkbroue laat lig.
Staatskuld
Die parlementêre begrotingskantoor is ook meer pessimisties as die tesourie oor die verwagtinge vir Suid-Afrika se staatskuld-tot-BBP-verhouding.
Terwyl die tesourie vir die 2018-’19-boekjaar ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 50,3% verwag, meen die parlementêre begrotingskantoor dit kan eerder tot 50,4% styg, en teen 2019-’20 tot 51,7% teenoor die tesourie se vooruitskatting van 51,4%.
Die parlementêre begrotingskantoor raam sy vooruitskattings op syfers van Statistieke Suid-Afrika, die tesourie, Reuters se peiling onder ekonomie wat in September gedoen is, en sy eie berekeninge.
Reserwes
’n Groter bedrag vir gebeurlikheidsreserwes oor die volgende drie jaar moet prioriteit wees vir die tesourie, blyk uit die mandaatskrif vir 2019, het Nelia Orlandi, adjunkdirekteur: staatsbeleid van die parlementêre begrotingskantoor, gesê.
Die mandaatskrif is ’n relatief nuwe konsep wat die presidenskantoor verlede jaar begin het om die begrotingsproses te rig.
Belastinginvordering
Daar sal beslis minder belasting van maatskappybelasting ingesamel word in die lopende belastingjaar, het die begrotingskantoor gewaarsku, hoewel die totale belastinginvordering R2,1 miljard te min sal wees vergeleke met die tesourie se teiken van R1 321 miljard van Februarie, het Orlandi genoem.
Stimuluspakket
Dr. Dumisani Jantjies, adjunkdirekteur: finansies by die parlementêre begrotingskantoor, sê dis nog onduidelik of die ekonomiese stimuluspakket neutraal sal wees vir die begroting. Daar is reeds gesê dat 50% van die plan se koste van R50 miljard sal kom van herprioritisering van bestaande bestedingsplanne.
’n Toename van staatsbesteding met sowat R45 miljard kan BBP met sowat 1 persentasiepunt laat groei, volgens Jantjies.
Ooroptimisties
Gwen Ngwenya, DA-beleidshoof en lid van die parlement se staande komitee oor finansies, het in vraetyd gesê die tesourie moet oorweeg waarom hy altyd so ooroptimisties is oor sy vooruitskattings, want die skattings moet gereeld later afwaarts aangepas word.
Alf Lees, DA-woordvoerder oor finansies, het gewaarsku die tempo waarteen skuld groei, kan beteken dat die tesourie oor drie jaar meer moet bestee aan rente op skuld as op gesondheid. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie