Beheer herfskommandowurms met diu00e9 middels
Beheer herfskommandowurms met diu00e9 middels

Beheer herfskommandowurms met dié middels

Lys van insekdoders
Ronelle Rademeyer
Die ministerie van landbou, water en bosbou het ’n lys met die name van insekdoders wat produsente kan gebruik om die uitbreking van herfskommandowurms (Spodoptera frugiperda) te bestry, beskikbaar gestel.

Dit is ’n uitheemse wurm wat van Suid-Amerika af kom en nou reeds wyd verspreid in die kommunale en kommersiële akkerbougebiede voorkom.

Die ministerie beklemtoon boere moet die instruksies vir die gebruik van die produk waarop hulle beskuit, noukeurig volg en beskermde klere dra as dit toegedien word.

Die volgende middels word aanbeveel:

Handelsnaam Vervaardiger Aktiewe bestanddeel

Coragen Dupont Chlorantraniliprole

Steward Dupont Indoxacarb

Advance Universal Indoxacarb

Addition Villa Crop ProtectionIndoxacrab

Emma Arysta Croplife Emamectin benzoate

Blet Bayer Flubendiamide

Doxstar Flo Medridian Indoxacrab

Sobra Syngenta Lufenuron

Proclaim Syngenta Emamectin benzoate

Spitfire 900 Bitrad Methomyl

Plemax Adama Indoxa/novaluron

Nadat die insekdoder toegedien is, moet boere die leë houers op een plek bymekaar hou. Hulle kan dan vir Kobus by 081 143 3467 kontak en reël dat dit vir herwinningsdoeleindes by hulle gehaal word.

Vir meer inligting kan boere vir mnr. Joseph Izaaks, landbou-inspekteur vir kontrole by die ministerie, by 061 2087473, 081 140 7780, of [email protected] kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!