Bejaarde Switserse burger gevonnis
Denver Kisting – Die bejaarde Switserse burger, Hans-Peter Rothen, wat verlede jaar op talle klagte van bedrog skuldig bevind is, is vanoggend in die hoërhof gevonnis.
Regter Naomi Shivute het hom op agt bedrogklagte ten bedrae van N$1 103 490,32 ’n boete van N$40 000 of vier jaar tronkstraf opgelê.
Vir sy N$150 000 se diefstal moet Rothen N$15 000 opdok of 18 maande agter tralies deurbring.
Rothen word deur ’n verdere boete van N$5 000 of een jaar gevangenisstraf in die gesig gestaar vir die 50%-belang wat hy onwettig in ’n beslote korporasie (BK) bekom het.
Die bejaarde man moet voorts N$40 000 opdok of vier jaar in aanhouding deurbring vir die bedrieglike oordrag van N$1 093 471,43.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie