Bekendstelling van StArt Salon uitstalling by Macadam-mark
Wees deel van die bekendstelling van die eerste volume van StArt Salon vanaand by die Macadam-mark.
StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat die werk van 16 verskillende Namibiese kunstenaars insluit.
’n “Salon-styl”-uitstalling verwys na ’n groot kunsuitstalling in gemengde styl en het sy ontstaan te danke aan uitstallings in hierdie formaat in Frankryk in die vroeë 1900’s.
StArt Salon sal die kunswerke bestaande uit ’n verskeidenheid media en style ten toon stel.
Hierdie is die ideale geleentheid om die perfekte geskenke vir geliefdes uit te soek en kan jou feestyd-aankopsies behoorlik afskop. Die uitstalling vertoon kunswerke van onder meer Petrus Amuthenu, Lok Kandjengo, Marita van Rooyen, Chris Snyman, Nicky Marais, Julia Hango, Elia Shiwoohamba, Laimi Mbangula, Lynette Diergaardt, Lara Diez, Tony Figueira, Mieke Droomer, Ismael Shivute, Elisia Nghidishange, Fillipus Sheehama, Barbara Bohlke en vele meer.
Die Macadam-mark is ’n inisiatief wat deur sommige van die inwoners van die Macadam-kompleks van stapel gestuur is met die doel om ’n rustige, tog lewendige atmosfeer te skep en plaaslike goedere en dienste aan te bied. ’n Verskeidenheid ondernemings in die komplek sal oop wees tydens die mark, met verskeie spesiale aanbiedinge op goedere en dienste. Aktiwiteite waaraan die gemeenskap kan deelneem, sal ook beskikbaar wees.
Kinders kan gesigverf en ander prettige aktiwiteite in die “Kinderhoekie” geniet, en verskeie stalletjies sal geskenke verkoop - ideaal vir geliefdes vir Kersfees.
Die Macadam-mark begin 16:00 en sal oop wees tot 22:00. Die toegang is gratis, so kom vroeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie