Belastingbetaler hoes miljoene vir Air Nam
Die finansiële bloeding by die nasionale redery duur onverpoos voort.
Ronelle Rademeyer - Die belastingbetaler dok maandeliks meer as N$100 miljoen op vir die betaling van Air Namibië se vliegtuie en sy operasionele koste soos salarisse, terwyl die nasionale redery met die uitsondering van enkele huur- en repatriasievlugte géén inkomste het nie.
’n Beduidende deel hiervan is vir die huur van sy twee Airbus A330-200’s wat sedert 14 Maart weens die Covid-19-pandemie nie op die Frankfurt-roete kon vlieg nie.
Verder blyk dit die kans bestaan dat sy vliegtuie nie toegelaat sal word om op te styg wanneer die verbod op streeks- en internasionale vlugte in die toekoms opgehef word.
Die rede daarvoor is miljoene dollar in agterstallige skuld by die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA). Dié reguleerder staan pa vir lugvaartveiligheid in die land.
Volgens ’n ingeligte bron is ’n sperdatum vir dié betaling gestel, wat binnekort verstryk. As Air Namibië nie daaraan gehoor nie, bestaan die moontlikheid dat die nasionale redery se vloot vliegtuie gehok sal word, sê die bron.
In reaksie op vrae hieroor, sê mnr. Reinhard Gärtner, tussentydse uitvoerende bestuurder van die NCAA, “dit is historiese skuld wat oor maande tot miljoene Namibiese dollar opgeloop het”.
Hy sê alle lugvaartoperateurs betaal fooie en heffings aan die reguleerder vir die gebruik van die lugruim en sy navigasiedienste.
Gärtner sê die redery moet onder meer ’n veiligheidsheffing wat deel uitmaak van elke vliegtuigkaartjie wat verkoop word, aan die NCAA oorbetaal. Dit het maande lank nooit nie gebeur nie.
Volgens die bron is die NCAA “maar net een van talle skuldeisers”. Hy sê dit kos die belastingbetaler tans “ver meer as N$100 miljoen per maand” om sy lopende uitgawes in stand te hou.
Mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE’s), het vroeër aan Republikein gesê Air Namibia is in jaar sewe van ’n 12 jaar-kontrak vir die huur van die twee Airbus A330-200’s.
Die nasionale redery betaal ingevolge sy kontrak met Castlelake Aviation in Amerika maandeliks US$1,1 miljoen per vliegtuig. Teen die huidige wisselkoers dok hy digby N$40 miljoen per maand vir die twee vliegtuie op.
Een ligpunt is dat die drie Airbus A319-100’s wat deur Castlelake-kontrak gefinansier is, teen Junie vanjaar klaar betaal sal wees.
Vroeër is berig die regeringswaarborge vir die twee groot Airbus-vliegtuie beloop N$2,4 miljard.
Jooste sou reeds einde verlede jaar ’n plan aan die kabinetskomitee op tesourie voorgelê het met voorstelle oor wat gedoen moet word om dié finansiële bloeding te stop.
Vrae hieroor is gister per WhatsApp aan hom gerig, maar was teen druktyd nog nie gelees nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie