Beleggers glimlag steeds nu00e1 verkiesing
Beleggers glimlag steeds nu00e1 verkiesing

Beleggers glimlag steeds ná verkiesing

Estelle de Bruyn
Die rand en ander ontluikende geldeenhede was Maandag steeds op die voorvoet teen die dollar en dit lyk asof beleggers steeds hul lippe aflek vir die potensieel hoër opbrengste wat dié geldeenhede bied.
Daarby het sakevertroue in Suid-Afrika in Julie gestyg danksy die stewiger rand en hoër uitvoervolumes en kleinhandelverkope.
Ekonome en ontleders waarsku egter dat dié lentebriesie dalk kortstondig gaan waai, want daar is steeds heelwat risiko wat die geldeenheid en die lustelose plaaslike ekonomie bedreig.
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN) se sakevertroue-indeks het in Julie tot 96 punte gestyg teenoor Junie se 95,1 indekspunte. “Suid-Afrika het sterk handelsuitvoer in Junie en Julie ondervind en die rand het ’n stewige 10% gestyg volgens ’n geweegde wisselkoers teen die dollar,” sê Richard Downing, ’n ekonoom van die SAKKN. Die sakekamer is steeds bekommerd omdat die land se ekonomiese groeivooruitsigte deur die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) én die Reserwebank verlaag is.
“Met die moontlikheid van ’n kredietafgradering in Desember vanjaar, moet ekonomiese kwessies versigtig hanteer word en alle rolspelers in die ekonomie moet saamwerk om selfs taaier ekonomiese toestande in 2017 te vermy,” sê Downing.
Die rand het verlede Vrydagmiddag kortstondig teruggesak ná die uitreiking van gunstige indiensnemingsyfers uit die VSA, maar steeds die week op ’n positiewe noot afgesluit. Maandag het die geldeenheid sy lopie voortgesit en in ’n stadium tot R13,63 teen die dollar verstewig van sy vorige sluitingsvlak van R13,72.
Ontleders het die veerkragtigheid van die rand deels toegeskryf aan positiewe sentiment wat uit die vreedsame afloop van die verkiesing gespruit het.
“Dit lyk of beleggersaptyt vir aandele in ontluikende markte onlangs verbeter het en daar is vooruitsigte dat sentrale banke ’n meer toegeeflike beleid wil volg wat ook ontluikende markte se aandele bevoordeel,” het William Jackson, ’n senior ekonoom van Capital Economics in Londen aan Bloomberg gesê. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!