Benoude Springbok-boude oor WB-loting
Die rugbywêreld se aandag sal vanoggend op die loting vir die skouspel in 2019 gerig wees.
Stephen Nell - Om saam met een van die voorste vier spanne op die wêreldranglys en óók Argentinië in ’n groep te beland, is die lot wat die Springbok-afrigter, Allister Coetzee, sal wil systap wanneer die loting vir 2019 se Wêreldbeker-rugbytoernooi vandag in Kyoto, Japan, plaasvind
Wanneer die loting vanaf 09:00 Namibiese wintertyd regstreeks op SuperSport 1 uitgesaai word, sal Namibiërs uiteraard ook met groot belangstelling wil sien in watter groepering Afrika se enkele kwalifiseerder geplaas word.
Suid-Afrika sal weens die feit dat hy sewende gekeur is saam met een van die voorste vier spanne op Wêreldrugby se ranglys – Nieu-Seeland, Engeland, Australië en Ierland – in ’n groep beland.
Die feit dat Argentinië die negende plek op die wêreldranglys beklee, beteken dat hy in afdeling 3 van die loting is. Die vier groepe – A, B, C en D – sal spanne uit elkeen van vyf afdelings kry.
Dis dus nie buite die kwessie nie dat die Bokke saam met die All Blacks en Poemas in ’n groep ingedeel kan word. Argentinië het Suid-Afrika in 2015 in Durban en in 2016 in Salta verslaan.
Indien sake verder skeefloop, kan twee van die Suidsee-eilande se geniepsige spanne ook nog in só ’n groep beland.
Soos sake in wêreldrugby staan, kan die Bokke geensins meer op hul tradisionele aura van ’n span wat veral by WB-toernooi moeilik is om te klop, staatmaak nie.
Die moontlikheid dat die Bokke, soos in 2015, weer saam met Japan in ’n groep sal beland, kan ook nie uitgesluit word nie, maar die grootste bekommernis vir almal bly die Argentyne.
Heel waarskynlik kan dit uitloop op ’n herhaling van die drama van 2015 – toe die gasheerland, Engeland, in die sogenaamde “Groep van die Dood” met Australië en Wallis ingedeel en uitgeskakel is.
Vir Wêreldrugby is die groot bekommernis dat die gasheerland, Japan, hom in ’n moeilike groep bevind. Dit kan die bemarkingswaarde en atmosfeer van die toernooi demp indien die Cherry Blossoms sonder fanfare uitgeskakel word omdat hulle teen twee groot nasies moet speel.
Hierdie is die eerste keer dat ’n WB-toernooi buite ’n gevestigde rugbynasie aangebied word en ’n Japanse span wat kwarteindronde toe vorder kan baie doen om die spel se ondersteunersbasis te laat groei.
Vir Suid-Afrika is hierdie situasie ’n regstreekse uitvloeisel van 2016 se nagmerrie-seisoen toe die Bokke agt van hul 12 toetse verloor het.
Dit het etlike ongewenste rekords ingesluit – selfs ’n nederlaag teen ’n jong Italiaanse span in Florence.
’n Mens sal hoop dat Bok-rugby al reggeruk is teen die tyd wat 2019 se WB-toernooi aanbreek, maar Wêreldrugby se besluit om die loting meer as twee jaar voor die toernooi te doen, beduiwel hul kanse.
Die rede daarvoor is om organiseerders te help om soveel as moontlik kaartjies te verkoop.
Wêreldrugby het ook gehou by die formaat om spanne volgens hul posisies op die beheerliggaam se ranglys te loot.
“Dis ’n geloofwaardige en bewese metode, want dit beloon spelpeil, stimuleer belangstelling en het die steun van ons unies,” het Wêreldrugby se uitvoerende hoof, Bill Beaumont, luidens ’n berig deur Reuters gesê.
Die toernooi duur van 20 September tot 2 November en wedstryde sal in 12 stede gespeel word. Japan se bevolking is nagenoeg 127 miljoen, wat die kans op yslike groeipotensiaal bied.
“Die loting is ’n groot mylpaal en dit gaan openbare belangstelling prikkel en aandag op die toernooi vestig,” sê die toernooi-hoof, Akira Shimazu.
SÓ WERK LOTING VIR WÊRELDBEKER
Daar is vier groepe – A, B, C en D – met vyf spanne elk.
Elke groep bevat ’n span uit elk van die vyf afdelings, met spanne in die eerste drie afdelings wat almal regstreeks kwalifiseer op grond van waar hulle in die laaste Wêreldbekertoernooi geëindig het.
Hulle is volgens hul plek op Wêreldrugby se ranglys gekeur nadat die Sesnasiesreeks op 18 Maart ten einde geloop het.
Die afdelings is as volg:
Afdeling 1: Nieu-Seeland (eerste gekeur), Engeland (2), Australië (3), Ierland (4).
Afdeling 2: Skotland (5), Frankryk (6), Suid-Afrika (7), Wallis (8).
Afdeling 3: Argentinië (9), Japan (10), Georgië (11), Italië (12).
Afdeling 4: Oseanië 1 en 2 (die twee beste spanne uit Fidji, Samoa en Tonga oor die gang van twee mini-toernooie in 2016 en vanjaar), Europa 1 (die voorste span uit die Europese Kampioenskap (vir spanne wat nie in die Sesnasies-reeks speel nie, Georgië uitgesluit), Amerikas 1 (die wenner van ’n uitspeelwedstryd tussen Amerika en Kanada).
Afdeling 5: Afrika 1 (wenner van die Afrika-kampioenskap), Amerikas 2 (die verloorder van die wedstryd tussen Amerika en Kanada speel teen die naasbeste Suid-Amerikaanse span ná Argentinië om dit te bepaal), uitspeelwenner (die derde span uit Fidji, Samoa en Tonga speel teen die naasbeste span uit die Europese Kampioenskap om dit te bepaal), beste verloorder (die vier bestes onder die verloorders in die kwalifiseringsproses van oor die wêreld heen speel in ’n toernooi teen mekaar om dit te bepaal). - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie