Beraad vir Jan Publiek begin mu00f4re
Beraad vir Jan Publiek begin mu00f4re

Beraad vir Jan Publiek begin môre

Suider-Afrikaanse afgevaardigdes gaan die geleentheid kry om kwessies op voetsoolvlak te bespreek, terwyl staatshoofde vergader.
Augetto Graig
Verdana" >



Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap(SADC)-beraad, wat tans in Windhoek onderweg is, is nie net vir staatshoofde nie.

Dié gemeenskap se beraad vir burgerlikes vind môre en Vrydag by Windhoek se skougronde plaas.

Die byeenkoms behels dat nieregeringsorganisasies vergader oor kwessies soos arbeid, die jeug, studente, maatskaplike geregtigheid en menseregte, terwyl SADC-staatspresidente in Windhoek vergader.

Die beraad vir Jan Publiek gee ’n stem aan gewone SADC-burgers en toegang is gratis.

Volgens mnr. Herbert Jauch, ’n arbeidskenner van die Ekonomiese en Maatskaplike Geregtigheidstrust, word meer as ’n duisend afgevaardigdes van Mauritius, Zimbabwe, Madagaskar, Lesotho, Zambië en ander lande vir dié twee dae lange geleentheid in die hoofstad verwag.

Jauch sê van die afgevaardigdes is reeds hier en voorlopige vergaderings word gehou om voorbereidings vir beplande hoogtepunte van die beraad te tref, soos om die Landelike Vrouevergadering van stapel te stuur.

“Die jaarlikse beraad van staatshoofde doen min om voortdurende kwessies aan te spreek wat mense op voetsoolvlak raak, soos toegang tot grond vir behuising, armoedeverligting, korrupsie en werkloosheid.

“Dit is hoekom die SADC hierdie beraad hou – sodat ons ons eie lot kan bepaal deur te verenig en ons regerings aanspreeklik te hou vir die verteenwoordiging van ons belange en vir die bou van ’n beter SADC vir ons,” sê Jauch.

Vanjaar se tema is “Maatskaplike geregtigheid, jeugbemagtiging en bekostigbare grond en behuising vir almal”.

Môre sal verskeie gespreksforums, voorleggings en aankondigings oor onderwerpe soos grond vir behuising, natuurlike hulpbronbestuur, arbeidsregte, dienslewering binne die SADC, landelike vroue se posisie, korrupsie, jeugbetrokkenheid by besluitneming, wenslike werksomstandighede en die beheer van korporatiewe magplaasvind, sê Jauch.

’n Optog van die skougronde af tot by Zoo Park in die middestad word vir Vrydag beplan, waar ’n amptelike versoekskrif aan die SADC-sekretariaat oorhandig sal word.

Die optog sal na verwagting omstreeks 13:30 begin en teen 14:00 tot by Zoo Park vorder.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!