Beseerde ietermagu00f4 by man gevind
Beseerde ietermagu00f4 by man gevind

Beseerde ietermagô by man gevind

Misdaad
Andrew Poolman
’n Man (25) is laas Woensdag in Windhoek in hegtenis geneem met ’n beseerde ietermagô glo in sy besit.

Volgens die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme was die ietermagô in ’n stresvolle toestand en met beserings op die lyf.

Die ministerie het die ietermagô na ’n wildveearts geneem. Die diertjie, die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld, sal dan gerehabiliteer en weer in die natuur vrygelaat word.

Die besit en smokkelary van en handel in ietermagôs is ’n misdaad in Namibië.

Die ministerie herinner die publiek daaraan dat ’n beloning uitgeloof word aan mense wat inligting verskaf wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van verdagtes lei wat ietermagôs vang, doodmaak of smokkel.

’n Beloning word ook gegee aan mense wat inligting gee wat lei tot die beslaglegging op ietermagôs, hul liggaamsdele en produkte.

Ietermagôs is van die mees bedreigde spesies wat vir hul skubbe afgemaai word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!