Bespreek jou kans om N$10 000 te wen
Bespreek jou kans om N$10 000 te wen

Bespreek jou kans om N$10 000 te wen

Dani Booysen
MultiChoice Namibia gee ná afloop van vanjaar se Superrugby-reeks weer N$10 000 weg aan 'n gelukkige DStv Premium-intekenaar.

Al wat Premium-intekenare hoef te doen om te kwalifiseer, is om aan Republikein se weeklikse Superrugby-kompetisie deel te neem en hul rekening getrou tot in Julie te betaal.

Hierdie naweek moet deelnemers weer die eindtelling in 'n Suid-Afrikaanse derby raai. Die Bulle draf tuis teen die Sharks uit en teen gister het min lesers die besoekers 'n wenkans gegun. Uit voorspellings sover ontvang, verwag 82,2% 'n oorwinning vir die Bulls.

Deelnemers wat nie DStv Premium-intekenare is nie, kwalifiseer vir Republikein se weeklikse kontantprys van N$500.

In verlede week se gelukspel (uitslag: Leeus 12 Bulle 30) was daar geen wenners nie. Twee persone het 30 punte vir die besoekers gegee, maar het met meer as die toegelate vyf punte van die verloorspan se telling verskil.

Verlede week se pryse staan oor na volgende week, wanneer daar 'n hele nege pryse op die spel sal wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!