Bestee familietyd die Kersfees saam
Tanja Bause – Kersfees is om die draai en ek stem saam niemand is nou al in die gees vir die feestyd nie, maar ongelukkig kan jy dit nie ignoreer nie want in meeste winkels loop jy jouself teen Kersversierings en allerlei Kersitems, soos sjokolade vas.
Gelukkig gaan dit nog nie saam met Kersmusiek wat jy jaar ná jaar in die winkels hoor blêr nie.
Ek weet nie of ek dalk anders sou gevoel het as dit nie so warm was nie; as ek in ’n land gewoon het waar die sneeu alles in wit omskep het en daar werklike dennebome in ’n woud was.
Maar nie te min, dit is weer sulke tyd en winkels doen hulle bes om jou te oortuig om geskenke te koop wat jy volgens hulle nodig het.
Volgens my het Kersfees ’n baie duur en onnodige kommersiële fees geword met talle grootmaatskappye, veral speelgoed, wat ’n nuwe pop of aksiefiguur net voor Kersfees op die mark sit.
Kersfees gaan vir my oor familietradisies, familie wat saam is, tyd saam deurbring sonder tegnologie, fone of televisie, wat saam sit en gesels en speletjies speel en lekker saam kook en eet. Ja, dit gaan ook oor geskenke, maar moet dit altyd die beste, nuutste en duurste wees en moet daar regtig tien geskenke per persoon onder die Kersboom wees?
Wat het geword van iets wat jy nie net gaan koop nie, maar iets waaroor jy bietjie gedink en dalk self gemaak het? ’n Familiefoto wat jy dalk ’n raam voor gemaak het, ’n prent wat jy geskilder het of ’n beker wat jy in pottebakkersklas gemaak het? Is dit nie die gedagte en nie die prys wat tel nie?
Ek en my familie gaan soek al vandat my boetie se kinders baie klein is vir Vader Kersfees. Terwyl die ouers, ouma en oupa die geskenke onder die boom sit, gaan stap die tannies saam met die kinders buite opsoek na tekens van die man met die grys baard, sy rendier en hul slee. Die kinders is al twee vandag ouers as 15 jaar oud en nog steeds gaan stap ons elke jaar. Ons gaan soek nie meer na tekens nie, maar ons gebruik die tyd om te gesels.
Net ons, sonder ma, pa, ouma of oupa wat luister. Natuurlik word daar ook baie gelag wanneer een van hulle opgewonde na hondebollie op die sypaadjie wys en skree, “kyk hier was ’n rendier”.
Dan keer ons terug huis toe, waar die grootmense by die boom sit en wag. Die meisies kom sing-sing in die huis in en maak hul geskenke oop.
Ons het ook al lank terug as familie besluit jy trek een persoon se naam uit ’n hoed en jy koop net vir dié persoon een geskenk. Dus kry elke volwassene een geskenk en koop of maak een geskenk vir iemand anders.
Dit was my ouers se idee gewees; volgens hulle moet ons ons swaar verdiende geld op onsself spandeer. Ons moet dit op ’n vakansie of ’n bederfie spandeer, want immers het ons vir die geld gewerk en om dit nou op ’n klomp duur geskenke uit te gee, is volgens hulle verkeerd. Die kinders is natuurlik hierby uitgesluit en kan meer as een geskenk ontvang.
Ek hoop dat almal veral dié jaar ’n geseënde Kersfees saam met familie gaan deurbring en baie familietyd saam kan geniet, want as ons enigiets dié jaar geleer het, is dat hande skud, drukkies en tyd saam met vriende en famille baie kosbaar is en in ’n oogwink weggevat kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie