Bestekopname
Bestekopname

Bestekopname

Dani Booysen
Môre breek die groot dag opnuut vir tienduisende Namibiese skoliere aan.

Die dag waarop hulle uitslae sal ontvang oor hul opvoeding tot op junior en senior sekondêre vlak.

Dit is ‘n belangrik bestekopname. Nie net vir leerlinge, hul ouers, familie, skole, onderwysers en die onderwysstelsel nie, maar die Namibiese nasie as geheel.

Die sukses van onderwys bly ‘n sentrale barometer van vooruitgang.

Die land hoop op ‘n beter vertoning as in 2015, toe graad 12-kandidate op hoër vlak swakker gevaar het. Selfs nadat uitslae op gewone vlak in Januarie vanjaar bygevoeg is, het sowat 10% minder skoolverlater gekwalifiseer om verder te studeer. Teenoor ‘n mikpunt van 45% kon skaars 30% hulself volgens minimum eise verder bekwaam.

Verlede jaar se graad 10-kandidate het minder B- en C-simbole behaal, hoewel daar effens meer A-simbole was. Daar was ook ‘n toename in ongegegradeerde vakinskrywings.

In die bestek van 25 jaar is moeisame, dog stelselmatige vordering met uitslae gemaak. Wat belangrik bly, is om nie standaarde op te offer bloot om ‘n mooi prentjie na buite te projekteer nie.

Selfs ontwrigting weens ‘n kortstondige onderwysstaking, behoort nie as verskoning vir swakker prestasies te dien nie.

Als in ag genome, moet groot berge nog in die onderwys versit word. Ook daarvoor is elkeen in die Namibiese Huis se samewerking en insette nodig.

Republikein wens suksesvolle kandidate en skole by voorbaat geluk, maar herinner elkeen ook dat akademiese aanleg nie die enigste paspoort na ‘n vervullende en verantwoordelike lewe is nie.

So sê ander

19 Desember 2016

SAUK katnes van wanbestuur

Die katnes van leuens en wanbestuur wat die afgelope twee weke oopgekrap is deur die parlementêre ad hoc-komitee wat die SAUK-raad ondersoek, opper belangrike kwessies.

Uiteindelik is daar tekens van die soort toesigrol wat landsburgers van die parlement moet kan verwag.

Een swaeltjie maak egter nie ’n somer nie.

Die chaos by die SAUK kom immers nie van gister af nie. Dit is al die jare deur die ANC self veroorsaak, juis omdat dit sy doel was om die SAUK die regerende party se spreekbuis te maak.

Dit gaan ook nie help as ’n nuwe raad aangestel word uit die anti-Zuma-faksie nie. Sonder ’n behoorlik onafhanklike raad sal alles by die SAUK maar net ’n heruitsending van die verlede bly.

Die ANC sal ook moet erken dat hy self die parlement se toesighoudende magte uitgekalwe het en dat ’n hersiening van die parlement se toesigfunksie en hoe die regerende party dit versaak dringend nodig is. • NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!