Betaal jou 2% of belasting styg
Namibiërs vaar uit alle oorde uit teen die regering se versoek om finansiële hulp.
Jo-Maré Duddy en Denver Kisting - Sou die regering nie minstens ’n halfmiljard dollar uit vrywillige bydraes van werkers kry vir onder meer droogtehulp nie is hoër belasting moontlik hul voorland.
“Ons het al die beleidsopsies op die tafel en ons sal dit gebruik,” het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, gistermiddag gesê.
“Niemand sal van honger doodgaan nie en ons sal die droogte oorleef.”
Schlettwein het gereageer op die regering se versoek aan werkers om 2% van een maand se salaris vrywilliglik te skenk. Baie Namibiërs is die herrie in en het die regering veral in die sosiale media gekasty.
As net die staatsdiens sy kant bring, kan tussen N$500 miljoen en N$600 miljoen uit dié 117 000 amptenare ingewin word, het Schlettwein gesê.
Dit sou makliker gewees het om die belastinghervormings te implementeer wat hy reeds verlede jaar in sy begrotingsrede aangekondig het, het hy toegegee. Dit sal jaarliks vir N$500 miljoen méér in die staatskoffers sorg.
Van dié hervormings sluit hoër inkomstebelasting in vir diegene wat jaarliks meer as N$1,5 miljoen en N$2,5 miljoen verdien.
Hy het Namibiërs egter vanjaar vanweë die sukkelende ekonomie gespaar, het Schlettwein gesê.
Oor Namibiërs se gramskap het Schlettwein gesê hy is hartseer dat die samelewing materialisme bo samehorigheid en waardigheid kies.
Die eerste minister, dr. Saara Kuu¬gongelwa-Amadhila, het Woensdagaand via WhatsApp laat weet: “Ek is in staat om te bevestig dat die regering inderdaad ’n beroep op Namibiërs doen om nasionale pogings te ondersteun wat daarop gemik is om ons landsgenote te help wat deur die droogte geraak word en die mas nie kan opkom nie.”
Hiernaas, lui die premier se boodskap aan Republikein, sal dié eenmalige vrywillige bydrae ook help om geleenthede vir werkskepping te ontgin – veral vir die jeug.
“Hierdie pleidooi is deur die president tydens die staatsrede gemaak.”
Sy sê pres. Hage Geingob het toe reeds bekend gemaak kabinetslede het hulle reeds daartoe verbind om 2% van hul salaris vir ’n jaar te skenk om dié inisiatiewe te ondersteun.
Volgens Schlettwein beloop dié totale bedrag sowat N$3,2 miljoen vir die jaar.
Beraadslaging met nieuitvoerende parlementslede is steeds onderweg, het sy gesê.
Sy het terselfdertyd gesê hulle beraadslaag ook tans met “ander belanghebbendes, insluitend dié van die korporatiewe sektor”.
Kuugongelwa-Amadhila het gesê die regering sal die publiek op die hoogte hou van hoe die konsultasies ontvou.
Me. Saima Shaanika, die waarnemende adjunk- uitvoerende direkteur in die kantoor van die eerste minister, het eergister aanvanklik gesê die dokument oor die pleidooi was vertroulik en moes nie uitgelek het nie.
Gister het sy op ’n nuuskonferensie gesê die kabinet het op 19 Maart ’n voorstel bekragtig vir politieke amps¬draers en staatsdiensbestuurslui om hul salarisse met 2% te sny.
Dit word glo reeds in die 2019-’20-boekjaar in werking gestel.
Oor die wending dat die regering nou by Jan en San Alleman ook bakhand staan, sê Shaanika:
“Ons wil die punt benadruk dat dié ’n vrywillige bydrae van alle Namibiërs is.
”Aangesien plaaslike en internasionale vennote gebruiklik skenkings maak wanneer ’n noodtoestand heers, “is die gees van gee reeds onder ons,” sê Shaanika.
“’n Geleentheid word nou aan alle Namibiërs wat werk, gegee om hul vrywillige bydrae te maak.”
Pres. Geingob het onlangs ’n noodtoestand oor die voortslepende droogte afgekondig.
Volgens Shaanika het Kuugongelwa-Amadhila reeds op 8 April met die hoofsekretaris van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), mnr. Peter Nevonga, en mnr. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), vergader om dié plan te deel.
Muniaro het egter die afgelope week gesê hy was verstom oor ’n uitnodiging aan hom om vandag met die premier oor die kwessie te vergader.
Nevonga het gister gesê hy bevind hom op ’n plek waar die selfoonsein onbetroubaar is en sal reageer sodra hy ’n “beter netwerkarea” betree.
Shaanika sê die geld word reeds verhaal van die politieke ampsdraers wat ingestem het.
“Wat die res van die land betref, moet beraadslaging eers plaasvind en ooreenstemming bereik word voor ’n datum bepaal word (waarop dit van krag word).”
“Syfers uit die private sektor sal eers beskikbaar word sodra die beraadslaging gedoen is.”
Volgens haar sal die ouditeur-generaal, mnr. Junius Kandjeke, ’n ogie oor die ingevorderde geld hou.
Mnr. Tim Parkhouse van die Namibiese Werkgewersfederasie (EFN), het gistermiddag gesê hulle mik om vandag hul standpunt oor die verwikkeling gereed te hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie